Maandag, 31 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 9

VERMY ONNODIGE STEURNISSE

Moenie toelaat dat steurnisse inmeng in jou studiesessies nie. Dit kan enige steurnisse soos mense, geraas of tegnologie insluit. Steurnisse is nadelig in studietye aangesien jy jou konsentrasie verloor. Jou brein moet elke keer van fokus verander as iets jou onderbreek. Dit maak dit moeiliker vir jou brein om die inligting te prioritiseer en die inligting te behou. Bitter min mense kan werklik meer as een taak op ’n slag suksesvol hanteer, ongeag wat hulle daarvan dink. 

Moenie toelaat dat sosiale media, jou selfoon of die televisie jou aandag aftrek nie.  

Indien jy na musiek luister kan dit jou aandag aftrek as jy meer fokus op die ritme of die lirieke van die musiek, in plaas daarvan om op jou studiemateriaal te fokus. Die effek wat musiek op mense het, kan verskil. Studies het getoon dat musiek die geheue van individue met AGS/AGHS (“ADD / ADHD”) help om te presteer.  

Indien dit vir jou nodig is om na musiek te luister terwyl jy studeer is dit beter om na sagte instrumentale musiek of na klasieke musiek te luister aangesien navorsing getoon het dat dit effektief is – dit laat die brein toe om meer ontvanklik te wees vir nuwe inligting.  ’n Ander alternatief is om na opgeneemde natuurgeluide te luister soos reënval, woudgeluide of die oseaan – dit sal jou brein help om aktief te bly en dit sal verhoed dat agtergrondgeluide jou aandag aflei.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Vrydag, 28 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 8

LIG EN LUG VENTILASIE IS NODIG

Daar moet genoegsame lig en lug in die vertrek wees. Maak die gordyne asook die vensters bedags oop. Skakel die hoofligte saans aan en gebruik ’n ekstra leeslamp indien nodig. 

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Donderdag, 27 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 7

VIND ’N GESKIKTE PLEK OM TE STUDEER 

Studeer in ’n omgewing wat netjies en ordelik is met ’n stil atmosfeer waarin jy gemaklik voel.  Dit moet vir jou moontlik wees om te konsentreer in die omgewing waar jy studeer, daarom moet daar niks wees wat jou aandag gaan aftrek of moontlik gaan steur nie.

Verkieslik moet jy ook in verskillende plekke studeer aangesien dit jou vermoë om inligting te onthou gaan verbeter. Die rede hiervoor is dat jou brein die inligting met die agtergrond sensasie assosieer. As jy dus jou omgewing verander, is dit vir jou brein moontlik om inligting saam met die nuwe sensasies beter te absorbeer. 

Dit is ’n goeie idee om vroeg in die oggend, indien moontlik, in ’n biblioteek te studeer en later in die middag in ’n studeerkamer te studeer. 

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Woensdag, 26 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 6

PAS JOU STUDIE TEGNIEK AAN BY DIE EKSAMEN FORMAAT

Vra jou onderwyser wat die formaat van die toets of eksamen gaan wees en hoe hy dit gaan beoordeel. Dit kan waardevol wees sodat jy kan weet hoe om vir die eksamen voor te berei – of dit kortvrae, multikeuse vrae of langer opstel tipe vrae gaan wees. 

Wanneer jy deur vorige vraestelle werk gaan jy ook ’n idee kry van die formaat en die tipe vrae wat gevra kan word. 

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Dinsdag, 25 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 5

SKEDULEER TYD VIR STUDIE ASOOK TYD VIR RUS

Begin lank voor die eksamen leer sodat dit nie voel asof jy al die inligting die aand voor die tyd in jou brein moet inprop nie. Dit is ondoeltreffend om so groot massa inligting in so kort periode te leer en dit veroorsaak ’n groot hoeveelheid angstigheid. Dit is bewys dat dit baie meer doeltreffend is om kort tydperke te studeer en die werk verskeie kere deur te gaan. Dit is veral waar vir teoretiese vakke met baie data en feite. Praktiese en wiskundige vakke benodig meer tyd om die bewerkings te oefen.

Moet nie vir lang ononderbroke ure studeer nie. Verdeel jou tyd in kort intervalle van 20 – 25 minute, met breuke van 5 - 10 min. Hierdie proses moet 3 keer herhaal word en dan moet ’n langer breuk van 30 – 35 minute geneem word. Breuke is belangrik omdat jou brein rus en die geleentheid kry om die inligting te prosesseer. 

Moenie konsepte of onderwerpe opdeel net omdat dit tyd is om te rus nie.  Dit is beter om daarmee klaar te maak voor jy rus, sodat jy dit as geheel kan onthou.  

Dit is onmoontlik om al die werk te ken as jy te min tyd het.  Leer dan eerder die relevante werk wat jy sal kan beantwoord in die eksamen. 

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Maandag, 24 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 4

MAAK SEKER DAT JY JOU TYD NUTTIG BESTEE

Maak leertyd deel van jou jou daaglikse roetine. Sit elke dag ’n spesifieke tyd eenkant om te studeer.

Allokeer spesifieke vakke of onderwerpe van vakke na spesifieke tye. Dit sal uiteindelik ’n gewoonte word.

As jy nie jou studieplan nagekom het nie of jy het nie betyds begin volgens jou skedule nie, moet dit nie afstel of los tot later nie, begin onmiddellik want jy sal agter raak.

Studeer wanneer jy ’n kans het, al is dit net vir ’n kort periode. Hierdie kort studie periodes akkumuleer uiteindelik tot baie ure.

Skep ’n gebalanseerde studieplan. Dit sal verseker dat voldoende tyd bestee word om ’n vak as geheel te bestudeer. Dan sal jy meer waarskynlik beter punte behaal in die eksamen as wanneer jy die werk in ’n kort tydperk wil indruk en aframmel.

Wanneer jy ’n studieplan saamstel is dit belangrik om te onthou dat die menslike brein op sy aktiefste staat is tussen 05:00 tot 08:00 in die oggend en 19:00 tot 23:00 saans. Wanneer jy studeer gedurende hierdie tye het jou brein maksimum retensie krag.

Moet jouself ook nie dwing om te studeer wanneer jy verskriklik moeg is nie. Dit is beter om ’n goeie nagrus te kry na ’n kort studie periode, as om jouself uit te put. Jy sal waarskynlik die volgende dag nie veel onthou nie en jou prestasie sal verswak.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Vrydag, 21 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 3

NEEM VOLLEDIGE NOTAS IN DIE KLAS

Goeie klasnotas sal jou help wanneer jy studeer. Maak notas van belangrike inligting wat die onderwyser gee wat nie in die handboek is nie en ook van alles anders wat op die bord geskryf en op voorleggings gegee is. Maak soveel as moontlik aantekeninge in die klas, maar moenie dat aantekeninge maak jou aandig aftrek sodat jy vergeet om te luister wat eintlik gesê word nie. Hersien jou aantekeninge na klas sodat die inligting versterk sal word in jou geheue.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Donderdag, 20 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 2

LET OP IN DIE KLAS

Om op te let in die klas sal jou vreeslik baie help in die eksamen. Luister fyn vir die wenke wat onderwysers moontlik gee oor werk wat meer belangrik of minder belangrik is vir die eksamen en skryf dit neer.

Soms plaas hulle meer klem op sekere woorde en konsepte wat van toepassing is op die eksamen. Hulle mag dalk ook moeiliker onderwerpe verduidelik sodat dit makliker verstaanbaar en in jou geheue is. Wees ’n aktiewe leerder in die klas, hoe meer jy inneem in die klas, hoe minder sal jy hoef te leer na die tyd.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Woensdag, 19 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 1

STEL STUDIEDOELWITTE EN BEPLAN VOORUIT

Bepaal die datums van jou eksamens en teken dit aan op jou kalender. Dit is belangrik om 'n skedule op te stel en tydgleuwe te allokeer vir studie, hersiening en deurwerk van vraestelle.

Beplan verskeie studie en hersiening sessies ten minste 'n week voor elke eksamen, eerder as om al die leerwerk in een sessie op die dag voor die eksamen te leer.

Lees deur elke vak se program en die uitkomstes om ’n oorsig van die leerwerk te kry.

Stel spesifieke studie doelwitte en beskryf wat geleer moet word. Jou skedule kan meer aanpasbaar wees, hoe vêrder weg dit van jou eksamendatum is, maar dit moet meer konkreet wees hoe nader aan die datum van die eksamen.

Jou studieplan moet logies en realisties wees. Minder tyd moet aan maklike werk toegewy word, sodat meer tyd aan moeilike werk spandeer kan word wat baie tyd en oefening benodig.

Allokeer tyd om vorige eksamenvraestelle deur te werk, want dit sal ’n aanduiding gee van hoeveel en watter werk jy al bemeester het en of jy nog tyd en aandig aan sekere afdelings moet gee.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Maandag, 10 Oktober 2016

Sterkte met die voorbereiding van jou Eksamen

Afrikaanse Skoolprojekte wens jou baie sterkte toe vir die Eksamen!

Eksamen Voorbereiding
Leerlinge ken die antwoorde, maar hulle moet die tegniek en kuns om eksamen te skryf, bemeester. Voorbeeld vraestelle leer hulle om al die kennis wat hulle het, in die eksamen te kan weergee.

Die formaat van vraestelle sluit die volgende in:
Beskrywing van Terme
Waar/Vals – Motiveer indien vals
Multikeuse vrae - kies die korrekte antwoord
Vul die ontbrekende woorde in
 Blokkiesraaisels
Sketse
Lang vrae

Eksamenvraestelle Nou slegs R395,00!
Alle vakke ingesluit
CAPS Kurrikulum

Besoek ons webtuiste www.afrikaanseskoolprojekte.co.za vir meer inligting.

Gratis Studie Wenke om slim en doeltreffend te studeer!