Woensdag, 19 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 1

STEL STUDIEDOELWITTE EN BEPLAN VOORUIT

Bepaal die datums van jou eksamens en teken dit aan op jou kalender. Dit is belangrik om 'n skedule op te stel en tydgleuwe te allokeer vir studie, hersiening en deurwerk van vraestelle.

Beplan verskeie studie en hersiening sessies ten minste 'n week voor elke eksamen, eerder as om al die leerwerk in een sessie op die dag voor die eksamen te leer.

Lees deur elke vak se program en die uitkomstes om ’n oorsig van die leerwerk te kry.

Stel spesifieke studie doelwitte en beskryf wat geleer moet word. Jou skedule kan meer aanpasbaar wees, hoe vĂªrder weg dit van jou eksamendatum is, maar dit moet meer konkreet wees hoe nader aan die datum van die eksamen.

Jou studieplan moet logies en realisties wees. Minder tyd moet aan maklike werk toegewy word, sodat meer tyd aan moeilike werk spandeer kan word wat baie tyd en oefening benodig.

Allokeer tyd om vorige eksamenvraestelle deur te werk, want dit sal ’n aanduiding gee van hoeveel en watter werk jy al bemeester het en of jy nog tyd en aandig aan sekere afdelings moet gee.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking