Maandag 24 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 4

MAAK SEKER DAT JY JOU TYD NUTTIG BESTEE

Maak leertyd deel van jou jou daaglikse roetine. Sit elke dag ’n spesifieke tyd eenkant om te studeer.

Allokeer spesifieke vakke of onderwerpe van vakke na spesifieke tye. Dit sal uiteindelik ’n gewoonte word.

As jy nie jou studieplan nagekom het nie of jy het nie betyds begin volgens jou skedule nie, moet dit nie afstel of los tot later nie, begin onmiddellik want jy sal agter raak.

Studeer wanneer jy ’n kans het, al is dit net vir ’n kort periode. Hierdie kort studie periodes akkumuleer uiteindelik tot baie ure.

Skep ’n gebalanseerde studieplan. Dit sal verseker dat voldoende tyd bestee word om ’n vak as geheel te bestudeer. Dan sal jy meer waarskynlik beter punte behaal in die eksamen as wanneer jy die werk in ’n kort tydperk wil indruk en aframmel.

Wanneer jy ’n studieplan saamstel is dit belangrik om te onthou dat die menslike brein op sy aktiefste staat is tussen 05:00 tot 08:00 in die oggend en 19:00 tot 23:00 saans. Wanneer jy studeer gedurende hierdie tye het jou brein maksimum retensie krag.

Moet jouself ook nie dwing om te studeer wanneer jy verskriklik moeg is nie. Dit is beter om ’n goeie nagrus te kry na ’n kort studie periode, as om jouself uit te put. Jy sal waarskynlik die volgende dag nie veel onthou nie en jou prestasie sal verswak.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking