Dinsdag, 25 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 5

SKEDULEER TYD VIR STUDIE ASOOK TYD VIR RUS

Begin lank voor die eksamen leer sodat dit nie voel asof jy al die inligting die aand voor die tyd in jou brein moet inprop nie. Dit is ondoeltreffend om so groot massa inligting in so kort periode te leer en dit veroorsaak ’n groot hoeveelheid angstigheid. Dit is bewys dat dit baie meer doeltreffend is om kort tydperke te studeer en die werk verskeie kere deur te gaan. Dit is veral waar vir teoretiese vakke met baie data en feite. Praktiese en wiskundige vakke benodig meer tyd om die bewerkings te oefen.

Moet nie vir lang ononderbroke ure studeer nie. Verdeel jou tyd in kort intervalle van 20 – 25 minute, met breuke van 5 - 10 min. Hierdie proses moet 3 keer herhaal word en dan moet ’n langer breuk van 30 – 35 minute geneem word. Breuke is belangrik omdat jou brein rus en die geleentheid kry om die inligting te prosesseer. 

Moenie konsepte of onderwerpe opdeel net omdat dit tyd is om te rus nie.  Dit is beter om daarmee klaar te maak voor jy rus, sodat jy dit as geheel kan onthou.  

Dit is onmoontlik om al die werk te ken as jy te min tyd het.  Leer dan eerder die relevante werk wat jy sal kan beantwoord in die eksamen. 

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking