Maandag, 31 Oktober 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 9

VERMY ONNODIGE STEURNISSE

Moenie toelaat dat steurnisse inmeng in jou studiesessies nie. Dit kan enige steurnisse soos mense, geraas of tegnologie insluit. Steurnisse is nadelig in studietye aangesien jy jou konsentrasie verloor. Jou brein moet elke keer van fokus verander as iets jou onderbreek. Dit maak dit moeiliker vir jou brein om die inligting te prioritiseer en die inligting te behou. Bitter min mense kan werklik meer as een taak op ’n slag suksesvol hanteer, ongeag wat hulle daarvan dink. 

Moenie toelaat dat sosiale media, jou selfoon of die televisie jou aandag aftrek nie.  

Indien jy na musiek luister kan dit jou aandag aftrek as jy meer fokus op die ritme of die lirieke van die musiek, in plaas daarvan om op jou studiemateriaal te fokus. Die effek wat musiek op mense het, kan verskil. Studies het getoon dat musiek die geheue van individue met AGS/AGHS (“ADD / ADHD”) help om te presteer.  

Indien dit vir jou nodig is om na musiek te luister terwyl jy studeer is dit beter om na sagte instrumentale musiek of na klasieke musiek te luister aangesien navorsing getoon het dat dit effektief is – dit laat die brein toe om meer ontvanklik te wees vir nuwe inligting.  ’n Ander alternatief is om na opgeneemde natuurgeluide te luister soos reĆ«nval, woudgeluide of die oseaan – dit sal jou brein help om aktief te bly en dit sal verhoed dat agtergrondgeluide jou aandag aflei.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking