Dinsdag, 15 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 28

WAARDEVOLLE WENKE VIR DIE EKSAMENLOKAAL

  1. Maak seker dat jy die regte eksamenvraestel het.
  2. Lees deeglik deur die eksamenvraestel voor jy dit beantwoord.
  3. Beplan noukeurig, sodat jy al die vrae in die voorgeskrewe tyd kan beantwoord. 
  4. Lees aandagtig deur die instruksies. 
  5. Lees noukeurig deur die instruksies sodat jy presies weet hoeveel vrae jy moet kies om te beantwoord. Dit is moontlik dat jy tussen vrae moet kies of binne-in die vrae self ook moet kies. 
  6. Lees die vrae deur en onderstreep die werkwoord.  Die werkwoord gaan presies vir jou sê wat van jou verwag word. 
  7. Nommer die vrae reg en presies soos dit in die vraestel genommer is. 
  8. Beplan rofweg die struktuur van jou antwoord voor jy die vraag beantwoord.
  9. Los ’n lyn oop tussen vrae en begin altyd ’n nuwe afdeling op ’n nuwe bladsy. 
  10. Skryf duidelik en leesbaar.
  11. Moenie paniekerig raak nie, geniet die uitdaging en geleentheid om jou kennis te toets. 
  12. Skryf soveel as moontlik.  In baie gevalle moet jy meer as een feit gee vir een punt. 
  13. Onthou dat die kwaliteit van die antwoord in geheel gemerk word en nie net die aantal feite nie.
  14. In meeste van die vrae gaan daar verwag word om jou kennis toe te pas. 
  15. Beantwoord die vrae in die voorgeskrewe formaat, bv. In die formaat van ’n opstel, ’n program , ’n verslag, ’n onderhoud, ’n brief of ’n bewerking ens. 
  16. Voor jy jou vraestel inhandig, maak seker dat jy ’n streep trek deur die antwoorde wat jy nie wil hê gemerk moet word nie. 
  17. Maak seker dat jy al jou antwoordboeke of bylae inhandig.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Maandag, 14 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 27

WEES EERLIK

Moet nooit besluit om oneerlik te wees as jy nie die antwoord op ’n vraag ken nie. Ouers en onderwysers moet studente leer om geen wandade in die eksamenlokaal te pleeg nie, aangesien die gevolge hulle toekoms gaan beïnvloed en dit kan lei tot skorsing indien dit sou uitkom.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 26

SKRYF NETJIES

Skryf netjies en leesbaar. Dit maak dit makliker vir jou onderwyser om jou antwoordstel te merk as dit aangebied is op ’n manier wat dit moontlik maak om tussen die antwoorde te onderskei. Maak seker dat jou antwoorde se nommers  ooreenstem met die vrae s’n, al volg jou antwoorde nie chronologies op mekaar nie. Onthou jy sal verseker wees van jou punte as jy jou antwoordstel netjies aanbied. Indien jou handskrif onleesbaar is en jou werk chaoties aangebied word, mag jy punte verloor net omdat niemand kan lees of jou antwoord reg of verkeerd is nie. 

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Vrydag, 11 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 25

DOEN DIE VRAE WAT JY KEN EERSTE

Jou tyd om vrae tydens eksamens te beantwoord is beperk. Beantwoord eers die vrae waarvan jy die antwoorde ken. Jy kan altyd teruggaan en die vra wat jy uitgelos het beantwoord. Wanneer jy sukkel om ’n vraag te beantwoord waarvan jy nie die antwoord ken nie, mors jy net jou tyd. Jy gaan gejaagd wees om die vrae waarvan jy wel die antwoorde ken te beantwoord en nalatige foute begaan. 

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 24

WEES BETYDS

Dit is beter om vroeg by die eksamenlokaal op te daag, as om op die laaste minuut angstig en verbouereerd daar in te storm.  Gee jouself ten minste 10 minute om rustig te raak voor jy instap.  Jy sal rustiger voel as jy weet jy hoef nie teen tyd te jaag nie

Wees rustig voor jy begin skryf.  Moenie haastig oor iets nalees net ’n paar minute voor jy skryf nie.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Donderdag, 10 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 23

VERTROU OP GOD

As jy godsdienstig is, kan jy voor die eksamens bid.  Onthou dat God nie die eksamen vir jou gaan skryf nie. Hy gaan ook nie vir jou die antwoorde gee as jy nie geleer het nie, maar Hy gaan vir jou krag, vrede en wysheid gee. Hy sal jou lei in die stresvolle tyd.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 22

WEES AKTIEF

Moenie so vasgevang word in jou studies dat jy jou gesondheid nalaat nie.  Jy sal baat daarby vind om aktief te wees tydens eksamens. Dit is wetenskaplik bewys dat so min as 20 min van kardio-oefeninge jou vermoë om te onthou bevorder.  Dit sal ook jou energievlakke verhoog – wat belangrik is om te konsentreer.  Oefeninge verlig ook spanning.  Enige fisiese aktiwiteit soos hardloop, draf, stap, fietsry of dans is goed.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Woensdag, 09 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 21

EET GESONDE KOS EN DRINK BAIE WATER

Studente maak gereeld die fout om in ongesonde eetgewoontes te verval tydens eksamen tye.  Wat jy eet is net so belangrik vir jou verstand soos die materiaal wat jy leer.  Sonder die regte voedingstowwe kan jy nie so goed presteer soos jy wil nie.  Wanneer jou gedagtes aktief is, gebruik jou brein glukose – so jy moet gesonde kos eet, sodat jou brein stowwe kan afskei wat jou help om beter te presteer. Eet ’n gesonde, gebalanseerde ontbyt die oggend van die eksamen. Eet ’n ontbyt wat laevet proteïene, groente, omega 3 vetsure en antioksidante bevat. Dit kan spinasie omelet met gerookte salm, volgraan geroosterde brood en ’n piesang wees.  Moenie ontbytgraan eet nie, want dit gaan jou nie genoeg energie gee nie.  

As jy rêrig nie genoeg tyd het om ’n groot ontbyt te eet nie, eet eerder hawermout, want dit bevat hoë koolhidrate en vesels en verteer stadiger.  Neem ’n versnapering saam met jou na die eksamenlokaal indien dit toegelaat word. ’n Peuselhappie soos ’n volgraan, grondboontjiebotter toebroodjie of ’n granola stafie wat propvol koolhidrate en proteïene is, sal jou konsentrasievermoë ’n hupstoot gee. Amandels, vrugte en jogurt is ook goeie keuses.  Dit is nie net belangrik dat jy die dag van jou eksamen gesond eet nie, maar ook die week tevore. Handhaaf ’n gesonde dieet vol vrugte, groente en ander kossoorte wat jou genoegsame energie gaan gee. Vermy gemorskos wat tamheid gaan veroorsaak. 

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 20

MOENIE TE MIN SLAAP NIE

Laerskool kinders behoort tussen 10 - 11 ure slaap elke nag in te kry, waar tieners met ’n minimum van ses ure oor die weg kan kom, maar verkieslik 8 - 10 ure se slaap moet inkry. As jy nie lank genoeg slaap nie, gaan dit weke vat om verlore slaap in te haal.  

Slaappatrone is baie belangrik gedurende eksamen tydperke, wat gewoonlik nagelaat en onderskat word. Slaap hou baie voordele in soos om inligting tydens die slaap siklusse te prosesseer. 

Baie studente glo dat hulle meer tyd nodig het om te studeer, dan studeer hulle tot na middernag.  Jou slaap siklusse word versteur indien jy dan weer vroeg moet opstaan en nie genoeg slaap ingekry het nie.  Jy gaan dit nie kan volhou vir die hele eksamen tydperk nie. Dit gaan baie probleme veroorsaak wat gaan verhoed dat jy goed presteer.  

Vermy die deurnag sessies. Dit is nie ’n goeie idee nie, nie net omdat jy uitgeput gaan voel nie, maar ook omdat jy aan geheueverlies gaan lei.  Dit gaan sleg op jou punte reflekteer.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Dinsdag, 08 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 19

VERANDER JOU HOUDING TEENOOR EKSAMENS

Verander die manier hoe jy oor eksamens dink. Eksamens en goeie resultate is belangrik, maar een enkele toets of eksamen gaan nie jou toekoms of sukses in die lewe bepaal nie. Uithouvermoë en harde werk oor jare gaan jou sukses bepaal. Moenie ontmoedig of oorstelp word as jy nie die punte behaal waarvoor jy gewerk het nie. Dit beteken net dat daar nog areas vir verbetering is.  

Herinner jouself dat dit net ’n eksamen is en dat daar ander gaan wees waar jy jouself kan bewys. As jy wel verbeter het, maar is steeds nie tevrede nie, herinner jouself aan die vordering wat jy tot dusvêr gemaak het. Beloon jouself na die eksamen as jy hard gewerk het.  Bly gemotiveerd en beplan vooruit.  

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 18

VERMY NEGATIEWE ENERGIE

Vermy vriende wat ’n negatiewe houding oor eksamens het. Dit gaan jou negatief beïnvloed en jou ontmoedig om te studeer. Moet ook nie met mense oor die leerwerk praat wat gestres is oor die eksamen nie. Hulle gaan jou angstig maak oor die eksamen of die werk wat jy nie goed ken nie. Dit gaan ook veroorsaak dat jy stres oor die werk wat jy wel ken.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Maandag, 07 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 17

VERTROU JOU EIE VERMOËNS

Tydens ’n stresvolle eksamen tydperk, moet jy ’n positiewe ingesteldheid en gedagtegang rondom jou leerwerk hê. Dit is belangrik dat jy in jouself en in jou eie vermoëns glo. Jy moet met selfvertroue leer en eksamen skryf. ’n Gebrek aan selfvertroue kan tot onnodige stres lei wat jou prestasie negatief gaan beïnvloed.  Moenie fokus op hoe min jy weet of hoe sleg dit met jou vorige toets of eksamen gegaan het nie.  Jy moenie toelaat dat dit verhoed dat jy sukses behaal nie. Party goed is buite jou beheer en dit is noodsaaklik dat jy en jou ouers dit verstaan. Dit is belangriker om studente aan te moedig en te motiveer as om hulle af te kraak as hulle nie na wense presteer het nie.  

Dit beteken nie dat jy nie moet hard werk om goeie punte te behaal nie, al is jy vol vertroue moet jy altyd daarna streef om jou beste te doen. Sukses bou op sukses. Hoe meer suksesvol jy is, hoe meer vertroue gaan jy in jouself hê en gaan jy die uitdagings wat buite jou gemaksone is met meer gemak aanpak. 

As jy maklik angstig raak, moet jy die oorsprong van jou angstigheid bepaal. Is dit rasioneel? As jy nie geleer het vir ’n toets of eksamen nie is dit logies om bang te wees. Indien jy ’n paar weke voor die tyd begin voorberei het vir die eksamen en jy het alles gedoen wat jy moontlik kan doen, is dit nie nodig om bekommerd te wees nie. Daar is verskeie metodes wat jy kan gebruik om ontslae te raak van spanning soos meditasie, asemhaling oefeninge of jy kan ’n sielkundige gaan sien indien dit nodig is.  Moenie oorreageer nie, dit is net ’n toets of ’n eksamen. Onthou jy is net ’n mens en kan net soveel op ’n dag doen. Moenie vergeet om na jou menslike behoeftes om te sien wanneer jy vir die eksamen stres nie. Eet en slaap genoeg.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 16

VRA ANDER OM JOU TE HELP

Jy moet iemand vra om jou te help indien jy sukkel met ’n gedeelte van die werk of met die hele vak. Jy sal baat om van ander te leer. Moenie bang wees om vrae te vra nie, en maak seker dat hulle dit deeglik verduidelik sodat jy dit kan verstaan. Indien jy steeds sukkel om dit te verstaan, vra dat hulle dit op ’n ander manier verduidelik indien moontlik. Moenie bang of bekommerd wees oor wat hulle van jou gaan dink indien jy n vraag vra nie. Daar is nie iets soos ’n dom vraag nie en as jy stil bly gaan jy net meer gespanne voel, aangesien meeste van die werk voortbou op vorige kennis.  As ons net die wêreld aanvaar soos dit is en nooit vrae vra nie, sou geen ontdekkings of uitvindings die lig gesien het nie.  Soos Willima Arthur Ward gesê het:  “Nuuskierigheid is die pit in die kers van leer.”

Dit is ’n goeie idee om studiegroepe te vorm en afsprake te maak waar julle die werk bespreek wat julle individueel vooraf geleer het. Op daardie manier kan julle vir mekaar vrae vra en van mekaar leer. Moenie bang wees om die werk vir iemand anders te verduidelik nie, want op daardie manier kan jy jouself toets en uitvind hoe goed jy die werk ken. Dit is goed om gesprekke oor die onderwerp te voer en wenke of studie metodes te deel. Onthou om nie van die onderwerp af te dwaal en betrokke te raak by gesprekke wat nie betrekking het op die werk nie. Dit gaan jou, en jou vriende se kosbare tyd mors.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Vrydag, 04 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 15

DINK AAN JOU ONDERWYSER 

Wanneer jy studeer, hou jou onderwyser ingedagte. Dit beteken dat jy jouself heeltyd moet vra wat het jou onderwyser in die klas bespreek rakende die onderwerp. Het die onderwyser klem gelê op sekere gedeeltes van die werk? Wat gaan heel moontlik in die eksamen gevra word?  Wat kan van jou verwag word in die eksamen? Wat sal ’n strikvraag wees, waarvoor jy moet uitkyk? Moenie jou tyd mors deur minder belangrike inligting, wat nie sommer in die eksamen gevra gaan word nie, te leer.  Het jou onderwyser gesê dat sekere afdelings moontlik gevra of nie gevra gaan word in die eksamen nie? Werk deur vorige eksamens en opdragte wat julle gedurende die jaar gekry het. 

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 14

WERK AKTIEF AAN JOU EIE STUDIEMATERIAAL

Jy moet aktief wees wanneer jy studeer, jy moenie net herhaaldelik die werk deurlees of jou notas oorskryf nie. Handboeke, onderwysers en klasmaats kan die werk aan jou verduidelik, maar jy moet verstaan wat jy leer. Dit beteken dat jy dit wat jy geleer het in jou eie woorde kan skryf. Dit is hoofsaaklik waaroor toetse en eksamens gaan – om vas te stel of jy die nodige kennis van die vak het en die teorie daaragter ken. Kom in die gewoonte om die werk aan jouself te verduidelik, voor jy in die eksamenlokaal ingaan. Jy sal dan voorbereid wees om vrae oor die werk te beantwoord aangesien jy reeds oor die werk nagedink het.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde. 

Donderdag, 03 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 13

PAS JOU STUDIETEGNIEKE BY DIE STYL VAN DIE VAK AAN

Ons is almal uniek en ons moet dus studeer volgens ons eie persoonlike voorkeure.  

Party studente is visuele leerders, terwyl ander beter op gehoor of fisies leer.  Gebruik studietegnieke wat op jou van toepassing is, maar verander ook jou tegniek om by die studiemateriaal aan te pas.  Party vakke soos biologie of geskiedenis gaan jy beter leer deur beelde, diagramme of met memorisering speletjies.  Ander vakke soos wiskunde en fisiese wetenskap gaan jy baie moet oefen om dit te verstaan.  

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 12

TOETS JOUSELF 

Navorsing toon dat die beste manier om te leer is om deur vorige eksamenvraestelle te werk. Dit is daarom uiters belangrik om jouself te toets. Dit kan in die formaat van ’n vasvra wees of jy kan deur vorige jare se eksamenvrae werk wat ’n beter manier is om jouself te toets. Probeer om eksamen omstandighede na te maak so vêr moontlik – raak gewoond daaraan om ’n aantal vrae in ’n gegewe tydperk te beantwoord. Dit gaan maak dat jy gemaklik voel in die eksamenlokaal. Jy sal ook sekerheid kry oor waar jy staan met betrekking tot jou studiemateriaal. Jy gaan selfvertroue kry as jy weet dat jy die studiemateriaal bemeester het.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Woensdag, 02 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 11

GEBRUIK KREATIEWE STUDIETEGNIEKE 

Leer die hoof onderwerpe sodat jy ’n goeie oorsig het waaroor die werk handel voordat jy oorbeweeg na die ingewikkelde uiteensettings. Dit sal help dat jy nie oorweldig voel oor die hoeveelheid werk nie.  

Notas wat tydens studiesessies gemaak word kan waardevol wees as jy weer die werk wil hersien. Maak notas met moontlike vrae en probeer om inligting van verskillende bronne soos handboeke, persoonlike klasnotas of bylae van jou onderwyser by te werk. Vra jouself af wat die belangrikste aspek van die materiaal is? Wat gaan moontlike eksamenvrae wees?

Skryf jou studiemateriaal oor in verskillende formate. Moenie die direkte woorde van jou notas of handboek kopieer nie. Wanneer jy werk oorskryf gaan jy jou geheue verfris en gaan jy heel moontlik weer nadink oor die woorde wat jy neerskryf. As dit in jou eie woorde is sal jy beter verstaan en beter onthou. 

Moenie probeer om so vinnig as moontlik deur jou werk te jaag nie. Bestudeer elke afdeling behoorlik, maak seker dat jy elke afdeling verstaan voordat jy aanbeweeg na die volgende afdeling.

Dit bevind dat dit minder effektief is om studiemateriaal te herlees en die kernwoorde met ’n kleurpen te merk.

Om die werk in verskillende formate oor te skryf en op te som kan baie verskil van persoon tot persoon omdat elke mens anders dink en leer. Wees kreatief en gebruik verskeie metodes om uit te vind wat gaan die beste vir jou werk. 

Breinkaarte (“mind maps”) is ’n uitstekende metode aangesien dit ’n diagram is wat gebaseer is op sleutel idees met meer inligting en aansluitende konsepte wat daaruit spruit. Breinkaarte is ’n tipe spinnekop diagram.  

Flitskaarte met kernwoorde op is ook ’n effektiewe manier om teoretiese materiaal soos terminologie, definisies of datums te leer. Dit is enkelwoorde of frases op klein kaartjies waardeur jy kan blaai. Jy kan ook ’n vraag aan die een kant van die kaart skryf en die antwoord aan die ander kant van die kaart. 

Herhaal die werk hardop, asof jy dit aan jou vriende verduidelik. Jy kan handgebare gebruik en maak asof jy ’n onderwyser is. Jou geheue sal die inligting met die gebeurtenis verbind.  

Skryf lang paragrawe puntsgewys neer, aangesien dit makliker gaan wees om dit te onthou.  

As jy die werk oninteressant of moeilik vind om te memoriseer, kan jy dit in speletjies verander. Dit kan mnemoniek, akronieme, rympies, gedigte en vasvra of aanlyn opvoedkundige programme en video en audio bronne insluit.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Dinsdag, 01 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 10

STEL ’N STUDIEGIDS SAAM

Dit is ’n goeie idee om jou eie studiegids, wat al die belangrike inligting van jou werkboeke en notas bevat, saam te stel indien jy genoeg tyd het. Dit gaan jou toelaat om makliker op kernkonsepte te fokus en dit is ’n ander studiemetode wat jy saam met ander metodes kan gebruik. Waak egter dat jy nie in ’n strik val deur te veel tyd te bestee om die studiegids te maak en dan nooit daarby uitkom om weer deur die gids te werk nie.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.