Woensdag 02 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 11

GEBRUIK KREATIEWE STUDIETEGNIEKE 

Leer die hoof onderwerpe sodat jy ’n goeie oorsig het waaroor die werk handel voordat jy oorbeweeg na die ingewikkelde uiteensettings. Dit sal help dat jy nie oorweldig voel oor die hoeveelheid werk nie.  

Notas wat tydens studiesessies gemaak word kan waardevol wees as jy weer die werk wil hersien. Maak notas met moontlike vrae en probeer om inligting van verskillende bronne soos handboeke, persoonlike klasnotas of bylae van jou onderwyser by te werk. Vra jouself af wat die belangrikste aspek van die materiaal is? Wat gaan moontlike eksamenvrae wees?

Skryf jou studiemateriaal oor in verskillende formate. Moenie die direkte woorde van jou notas of handboek kopieer nie. Wanneer jy werk oorskryf gaan jy jou geheue verfris en gaan jy heel moontlik weer nadink oor die woorde wat jy neerskryf. As dit in jou eie woorde is sal jy beter verstaan en beter onthou. 

Moenie probeer om so vinnig as moontlik deur jou werk te jaag nie. Bestudeer elke afdeling behoorlik, maak seker dat jy elke afdeling verstaan voordat jy aanbeweeg na die volgende afdeling.

Dit bevind dat dit minder effektief is om studiemateriaal te herlees en die kernwoorde met ’n kleurpen te merk.

Om die werk in verskillende formate oor te skryf en op te som kan baie verskil van persoon tot persoon omdat elke mens anders dink en leer. Wees kreatief en gebruik verskeie metodes om uit te vind wat gaan die beste vir jou werk. 

Breinkaarte (“mind maps”) is ’n uitstekende metode aangesien dit ’n diagram is wat gebaseer is op sleutel idees met meer inligting en aansluitende konsepte wat daaruit spruit. Breinkaarte is ’n tipe spinnekop diagram.  

Flitskaarte met kernwoorde op is ook ’n effektiewe manier om teoretiese materiaal soos terminologie, definisies of datums te leer. Dit is enkelwoorde of frases op klein kaartjies waardeur jy kan blaai. Jy kan ook ’n vraag aan die een kant van die kaart skryf en die antwoord aan die ander kant van die kaart. 

Herhaal die werk hardop, asof jy dit aan jou vriende verduidelik. Jy kan handgebare gebruik en maak asof jy ’n onderwyser is. Jou geheue sal die inligting met die gebeurtenis verbind.  

Skryf lang paragrawe puntsgewys neer, aangesien dit makliker gaan wees om dit te onthou.  

As jy die werk oninteressant of moeilik vind om te memoriseer, kan jy dit in speletjies verander. Dit kan mnemoniek, akronieme, rympies, gedigte en vasvra of aanlyn opvoedkundige programme en video en audio bronne insluit.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking