Maandag, 07 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 16

VRA ANDER OM JOU TE HELP

Jy moet iemand vra om jou te help indien jy sukkel met ’n gedeelte van die werk of met die hele vak. Jy sal baat om van ander te leer. Moenie bang wees om vrae te vra nie, en maak seker dat hulle dit deeglik verduidelik sodat jy dit kan verstaan. Indien jy steeds sukkel om dit te verstaan, vra dat hulle dit op ’n ander manier verduidelik indien moontlik. Moenie bang of bekommerd wees oor wat hulle van jou gaan dink indien jy n vraag vra nie. Daar is nie iets soos ’n dom vraag nie en as jy stil bly gaan jy net meer gespanne voel, aangesien meeste van die werk voortbou op vorige kennis.  As ons net die wêreld aanvaar soos dit is en nooit vrae vra nie, sou geen ontdekkings of uitvindings die lig gesien het nie.  Soos Willima Arthur Ward gesê het:  “Nuuskierigheid is die pit in die kers van leer.”

Dit is ’n goeie idee om studiegroepe te vorm en afsprake te maak waar julle die werk bespreek wat julle individueel vooraf geleer het. Op daardie manier kan julle vir mekaar vrae vra en van mekaar leer. Moenie bang wees om die werk vir iemand anders te verduidelik nie, want op daardie manier kan jy jouself toets en uitvind hoe goed jy die werk ken. Dit is goed om gesprekke oor die onderwerp te voer en wenke of studie metodes te deel. Onthou om nie van die onderwerp af te dwaal en betrokke te raak by gesprekke wat nie betrekking het op die werk nie. Dit gaan jou, en jou vriende se kosbare tyd mors.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking