Maandag 07 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 17

VERTROU JOU EIE VERMOËNS

Tydens ’n stresvolle eksamen tydperk, moet jy ’n positiewe ingesteldheid en gedagtegang rondom jou leerwerk hê. Dit is belangrik dat jy in jouself en in jou eie vermoëns glo. Jy moet met selfvertroue leer en eksamen skryf. ’n Gebrek aan selfvertroue kan tot onnodige stres lei wat jou prestasie negatief gaan beïnvloed.  Moenie fokus op hoe min jy weet of hoe sleg dit met jou vorige toets of eksamen gegaan het nie.  Jy moenie toelaat dat dit verhoed dat jy sukses behaal nie. Party goed is buite jou beheer en dit is noodsaaklik dat jy en jou ouers dit verstaan. Dit is belangriker om studente aan te moedig en te motiveer as om hulle af te kraak as hulle nie na wense presteer het nie.  

Dit beteken nie dat jy nie moet hard werk om goeie punte te behaal nie, al is jy vol vertroue moet jy altyd daarna streef om jou beste te doen. Sukses bou op sukses. Hoe meer suksesvol jy is, hoe meer vertroue gaan jy in jouself hê en gaan jy die uitdagings wat buite jou gemaksone is met meer gemak aanpak. 

As jy maklik angstig raak, moet jy die oorsprong van jou angstigheid bepaal. Is dit rasioneel? As jy nie geleer het vir ’n toets of eksamen nie is dit logies om bang te wees. Indien jy ’n paar weke voor die tyd begin voorberei het vir die eksamen en jy het alles gedoen wat jy moontlik kan doen, is dit nie nodig om bekommerd te wees nie. Daar is verskeie metodes wat jy kan gebruik om ontslae te raak van spanning soos meditasie, asemhaling oefeninge of jy kan ’n sielkundige gaan sien indien dit nodig is.  Moenie oorreageer nie, dit is net ’n toets of ’n eksamen. Onthou jy is net ’n mens en kan net soveel op ’n dag doen. Moenie vergeet om na jou menslike behoeftes om te sien wanneer jy vir die eksamen stres nie. Eet en slaap genoeg.

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking