Woensdag 09 November 2016

Eksamenvoorbereiding Wenk Nr. 21

EET GESONDE KOS EN DRINK BAIE WATER

Studente maak gereeld die fout om in ongesonde eetgewoontes te verval tydens eksamen tye.  Wat jy eet is net so belangrik vir jou verstand soos die materiaal wat jy leer.  Sonder die regte voedingstowwe kan jy nie so goed presteer soos jy wil nie.  Wanneer jou gedagtes aktief is, gebruik jou brein glukose – so jy moet gesonde kos eet, sodat jou brein stowwe kan afskei wat jou help om beter te presteer. Eet ’n gesonde, gebalanseerde ontbyt die oggend van die eksamen. Eet ’n ontbyt wat laevet proteïene, groente, omega 3 vetsure en antioksidante bevat. Dit kan spinasie omelet met gerookte salm, volgraan geroosterde brood en ’n piesang wees.  Moenie ontbytgraan eet nie, want dit gaan jou nie genoeg energie gee nie.  

As jy rêrig nie genoeg tyd het om ’n groot ontbyt te eet nie, eet eerder hawermout, want dit bevat hoë koolhidrate en vesels en verteer stadiger.  Neem ’n versnapering saam met jou na die eksamenlokaal indien dit toegelaat word. ’n Peuselhappie soos ’n volgraan, grondboontjiebotter toebroodjie of ’n granola stafie wat propvol koolhidrate en proteïene is, sal jou konsentrasievermoë ’n hupstoot gee. Amandels, vrugte en jogurt is ook goeie keuses.  Dit is nie net belangrik dat jy die dag van jou eksamen gesond eet nie, maar ook die week tevore. Handhaaf ’n gesonde dieet vol vrugte, groente en ander kossoorte wat jou genoegsame energie gaan gee. Vermy gemorskos wat tamheid gaan veroorsaak. 

Klik hier om alle Gratis Eksamen Wenke af te laai.
Klik hier om ons webtuiste te besoek vir CAPS Eksamenvraestelle met Antwoorde.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking