Vrydag, 01 Desember 2017

Elke kind word gebore as 'n unieke individu.

Geen twee kinders is dieselfde nie! Hulle het hul eie unieke eienskappe van die begin af en verkil nog meer soos hulle groei en ontwikkel. Elke kind reageer anders in die leeromgewing. Dit is dus belangrik dat kinders teen hul eie tempo leer, sowel as in 'n omgewing wat die beste geskik is vir hul individuele behoeftes. Dit is nie altyd moontlik in 'n klaskamer-situasie nie.

Daar word deesdae baie druk op kinders geplaas om akademies, kultureel en op die sportveld te presteer. Daarom is dit toenemend belangrik dat kinders se behoeftes in ag geneem moet word sodat hulle balans kan vind tussen akademie, sport en kultuur.

Afrikaanse Skoolprojekte se studiemateriaal is ontwikkel om alle leerders te ondersteun volgens hul unieke leerstyl en -behoeftes. Dit sal leerders in staat stel om self die studie-skedule op te stel en te werk teen ’n pas volgens hul eie persoonlikheid en vordering. Deur die leerders toe te laat om teen hul eie pas te leer, sal hul brein meer inligting kan stoor en blywende herinneringe kan maak - wat meer doeltreffend is en beter resultate sal lewer. Verder, is dit ook baie meer pret om op jou eie manier en eie pas te leer!


Jou kind se langtermyn suksesse sal binnekort duidelik wees deur die gebruik van Afrikaanse Skoolprojekte se leermateriaal en eksamenvraestelle.

Onthou ons Spesiale Aanbod op jou 2018 Prima Pakket om vir jou ’n voorsprong vir die nuwe jaar te gee! Die aanbod eindig 31 Desember 2017. Besoek ons webtuiste by http://www.afrikaanseskoolprojekte.co.za

Ons Kersgeskenk aan jou:
Laai jou Gratis Skoolkalender 2018 vanaf ons webtuiste af!