Maandag 24 September 2018

Maak hoflike kinders groot met goeie gedrag en goeie maniere.

Hoe om jou kind goeie maniere te leer en waar om te begin.


Een van die beste komplimente wat ’n ouer kan ontvang, is wanneer iemand jou kinders se goeie gedrag komplimenteer. Dit gebeur gewoonlik as jy as ouer nie naby is om na jou kinders te kyk nie en ’n ander volwassene merk het hul goeie gedrag op. Goeie gedrag is iets wat geleer word, net so is slegte gedrag. Dit beteken as jou kinders swak gedrag het, is daar hoop en kan dit herstel word, aangesien gedrag iets is wat ons aanleer.

In hierdie artikel bespreek ons die volgende belangrike aspekte van die opvoeding van kinders om goeie gedrag te hê:

As jy goeie gedrag wil hê, wys goeie gedrag.Verduidelik hoekom sekere gedrag goed is.Maak kinders groot met ander in gedagte.Beloon goeie gedrag.


As jy goeie gedrag wil hê, wys goeie gedrag.

Hoeveel ouers wens hul kinders sal net beskaafd teenoor volwassenes praat, tog praat die ouers self op ’n vernederende manier teenoor hul eggenoot of kinders? As jou kinders slegte gedrag toon, beteken dit dat jy ’n bietjie selfrefleksie oor jou eie gedrag moet doen. Kinders doen selde wat jy sê, hulle doen wat jy doen.


Verduidelik hoekom sekere gedrag goed is.

Kinders is van natuur nuuskierig en absorbeer inligting soos sponse. Moenie net sê wat hulle moet doen nie, verduidelik hoekom dit belangrik is dat hulle dit doen. Wanneer jy verduidelik hoekom hulle hoflik moet wees, sal hulle meer inligting oor die onderwerp hê en die aksie wat jy wil hê hulle moet doen as belangriker beskou. As jy byvoorbeeld wil hê hulle moet goeie tafelmaniere hê, verduidelik hoekom dit belangrik is: Dit sal jou vriende baie ongemaklik laat voel om te sien jy eet met jou mond oop en hulle sien al die kos wat jy kou in jou oop mond.


Maak kinders groot met ander in gedagte.

Kinders word selfsugtig gebore omdat di deel is hulle natuurlike oorlewingsinstink om net vir hulself uit te kyk. Tog soos jou kinders groot word, is dit belangrik om hulle te leer om die mense rondom hulle en hulle gevoelens in ag te neem. Dit beteken hulle moet bewus wees van ander se emosies en gevoelens en nie net hulle eie nie.

Emily Post, Amerikaanse skrywer wat bekend is vir die skryf van etiket, het gesê: “Maniere is die sensitiewe bewustheid van die gevoelens van ander. As jy daardie bewustheid het, het jy goeie maniere, maak nie saak watter vurk jy gebruik nie.”


Beloon goeie gedrag.

Positiewe gedragsversterking beteken om goeie gedrag te beloon sodat daardie gedrag met die beloning geassosieer word. Dit is bloot ’n vorm van aanmoediging. Dit beteken eenvoudig dat jy as ouer moet op die goeie dinge wat jou kinders doen let en vir hulle dankie sê daarvoor. Hoekom werk hierdie tegniek? As jou kinders hul bes probeer om iets goed te doen, maar dit word nie opgemerk of beloon nie, maar hulle word altyd gestraf vir hul slegte gedrag, dan is die slegte gedrag die enigste aksies wat aandag kry. Al die fokus is dus net op die slegte gedrag en as hulle jou aandag wil hê sal hulle verder slegte gedrag toon.



Ons wil alle ouers aanmoedig om hul kinders met goeie maniere op te voed en te belê om hulle goeie gedrag te leer. Onthou, wat jy nou jou kinders leer, sal die eienskappe wees wat hulle as volwassenes het. Andy Andrews stel dit so: “Die doelwit is om nie goeie kinders groot te maak nie. Dit is om kinders groot te maak wat goeie volwassenes word.”






Maandag 17 September 2018

Wat om te doen wanneer jou kind geboelie word.

Bullebakkery, verbale en fisiese teistering. Wat is dit? Hoekom gebeur dit? Hoe om dit te hanteer?



Bullebakkery, ook bekend as afknouery, vind plaas van geslag tot geslag. Bullebakkery is nie iets nuuts nie en in die digitale era het bullebakkery nog verder ontwikkel, wat dit makliker vir boelies maak om hul slagoffers te manipuleer. As ouers wil ons altyd hê ons kinders moet gelukkig en veilig wees, veral in opvoedkundige omgewings, soos skool. Tog, soms gebeur bullebakkery, daarom moet ouers weet wat om te doen. Walt Disney het gesê: “Ons grootste natuurlike hulpbron is die gedagtes van ons kinders.” Ons glo dat ouers aksie moet neem om hul kinders te beskerm teen alle skade om gesonde, groeiende gedagtes te verseker.

In hierdie artikel bespreek ons die volgende aspekte rondom bullebakkery:

Wat is bullebakkeryDie gevolge van bullebakkeryWaarom bullebakkery gebeurWat om te doen wanneer jou kind geboelie wordJou aksies kan die hele skool verander.



Wat is bullebakkery

Bullebakkery word gedefinieer as die gebruik van groter krag of invloed om ’n persoon te intimideer. Gewoonlik beteken dit dat die slagoffer gedwing word om iets te doen wat hulle nie wil doen nie, wat die slagoffer pyn, besering en/of nood veroorsaak. Bullebakkery in die skool is skadelik vir leerders se welsyn en hul ontwikkeling, want die slagoffers van boelies in die skool is vreesbevange, verloor konsentrasie en kan selfs liggaamlike besering hê indien dit nie behandel word nie.

Volgens www.stopbullying.gov is daar drie tipes afknouery, naamlik verbale afknouery, sosiale afknouery en fisiese afknouery. Verbale afknouery sluit kwaadwillige dade in soos om die slagoffer te spot, naamnoeming, dreigende en onvanpaste opmerkings. Sosiale afknouery sluit in nare pogings om iemand se reputasie of geloofwaardigheid te vernietig. Dit sluit in die verspreiding van gerugte, die verleentheid van die slagoffer, of die intimidasie van iemand om nie met die slagoffer vriende te wees nie. Fisiese afknouery is die daad om die liggaam of besittings van die slagoffer seer te maak deur te stoot, te breek, te skop, te spoeg of onbeskofte handgebare te maak.

Alle soorte afknouery is ewe skadelik vir die slagoffer en moet nie ligtelik geneem word nie.



Die gevolge van bullebakkery

Die resultate om as kind geboelie te word kan baie ernstig wees. Die volgende is voorbeelde, gebaseer op vorige studies, wat kan gebeur wanneer ’n kind geboelie word:
  • ’n Afname in die slagoffer se prestasie in aktiwiteite wat hy/sy liefgehad het om te doen.
  • Die slagoffer het verhoogde angs en stresvlakke.
  • Die slagoffer word geïsoleer as gevolg van wantroue in mense.
  • Verlies in vertroue en selfbeeld.
  • Psigologiese skade soos wat hy/sy grootword en word ’n disfunksionele volwassene.
  • In die ergste scenario, kan afknouery lei tot selfmoord. Dit is elke ouer se nagmerrie en ons wil dit ten alle koste verhoed.


Afknouery is nooit aanvaarbaar nie. Om afknouery te voorkom, moet ons verstaan hoekom dit gebeur.




Waarom bullebakkery gebeur

Bullebakkery gebeur as gevolg van baie faktore en geen kind is soos ’n ander nie. Elkeen word groot in verskillende omgewings, verskillende huishoudings en agtergronde. Afknouery as gevolg van omstandighede is egter nooit aanvaarbaar nie. Daarom wil ons ’n paar algemene faktore aanspreek waarom kinders ander begin boelie.

Lae selfbeeld

Kinders; en mense in die algemeen; met lae selfbeeld probeer gewoonlik om ander af te bring. Dit is as gevolg van jaloesie en onsekerheid. Om meer oor jaloesie te verstaan, lees ons blog, ‘Hoe om jaloesie van eweknieë te verstaan en oorkom.’ Om meer te verstaan oor die ontwikkeling van ’n gesonde selfbeeld, lees ons blog Hoe om 'n gesonde selfbeeld te ontwikkel.Wanneer kinders ’n gebrek aan selfbeeld het, hulle probeer om hul vriende te beïndruk deur ander af te bring. Hulle voel die behoefte om hul eweknieë te beïndruk, maar die enigste manier waarop hulle weet hoe is deur hul slagoffers erger te laat voel as wat hulle voel.


Die gevoel van magteloosheid

As kinders magteloos voel, as gevolg van faktore wat groter is as hulself, soos finansiële druk by die huis, konflik tussen ouers, onderprestasie in skoolaktiwiteite, hulle word dalk self geboelie, ens. Is hulle is geneig om opstandig op te tree. Dit beteken dat hulle op ’n aggressiewe wyse hulle frustrasie en angs op ander uitoefen sonder om na die gevolge te dink. Hierdie magtelose kinders het geen begrip om hul frustrasie, angs, stres en konflik te hanteer nie, want hulle is nog nooit geleer hoe om dit te hanteer nie. Ons stel voor om met ’n skoolsielkundige te praat om stres, vrees en angs te help bestuur.

Groepsdruk om boelie

Wanneer kinders sien hoe hul vriende ’n slagoffer boelie, kan hulle aansluit, omdat hulle óf bang om self geboelie te word, óf hulle is bang om uit die vriendegroep geskop te word. Dit is groepsdruk om te boelie. Hierdie boelies voel dat dit nodig is om te boelie om deel van die vriendegroep te bly, selfs al weet hulle dit is verkeerd.

Gebrek aan aanspreeklikheid

Dikwels word kinders wat boelies is, nooit gekonfronteer met die ware gevolge van hul optrede nie. Hulle het dalk iets soortgelyk gedoen, maar in ’n geringe mate, of hulle was nie uitgevang nie, daarom het hulle nie in die moeilikheid gekom nie. Nou hou hulle aan om die grense te toets om te sien waarmee hulle kan wegkom, sonder om gevang te word.

So, wat gebeur as jy uitvind dat jou kind geboelie word? Wat kan jy, as ouer, doen?


Wat om te doen wanneer jou kind geboelie word

Die beste manier om jou kind te beskerm teen afknouery, is om hulle van ’n jong ouderdom te leer oor boelies. Wanneer ’n kind weet hoe om vroegtydig afknouery te identifiseer, kan hulle daaroor praat, ’n gesagsfiguur betrokke maak en die probleem in die beginfase oplos.

Tog, wat gebeur as jou kind tans geboelie word? Hier is ons aanbevelings*:
  

Neem onmiddellike aksie.

Baie ouers wil dalk daaruit bly of dat die kinders hulself uitsorteer, maar dit is die verkeerde benadering. Jou kinders moet weet dat jy daar is vir hulle en dat jy hulle sal beskerm. Wanneer jy die eerste tekens van nood of ’n verandering in jou kinders se karakter optel, praat met jou kinders en vind uit of daar afknouery betrokke is. As hulle jou vertel dat daar iemand by die skool is wat hulle pester, benader die situasie kalm en verseker hulle dat jy hulle sal help om dit te hanteer. Vind uit hoe ernstig die afknouery is en hoekom dit gebeur het. Vra jou kind of hulle iets gedoen het om die ander kind uit te daag of dalk het jou kind eerste die ander kind seergemaak het. Ons wil die feit beklemtoon dat jou kind die waarheid moet vertel en nie net aandag moet soek deur ’n ander kind valslik te beskuldig nie, want as jy begin om die bullebakkery te bestry en jou kind valslik ’n ander kind beskuldig het, sal jou geloofwaardigheid op die lyn wees.

As jy egter vasgestel het dat dit suiwer afknouery is en dat jou kind werklik die slagoffer is van die aggressie van ’n boelie, gaan dan voort om verdere stappe te neem.

Praat met die skool.

Die eerste stap is om die skool in te lig. Die meeste skole het anti-boelie strategieë; dit kan egter nie altyd effektief wees nie. Baie dikwels kan bullebakkery op skoolgronde gebeur sonder dat onderwysers weet. Daarom moet jy die skoolhoof en jou kind se onderwysers inlig oor die situasie. Skryf ’n formele brief waarin jy verduidelik wie die boelie is, hoe jou kind geboelie word en waarom die onderwysers bekommerd moet wees. Jy kan ook ’n afspraak met ’n onderwyser maak, maar maak seker dat jy jou verduidliking op skrif sit (elektronies of per hand). Dit dien as bewys dat hulle nou ingelig is. Sê vir die onderwyser en skoolhoof dat hulle die boelie moet ondersoek en om enige verdere afknouery op hul terrein moet voorkom. Op hierdie manier kan die mense wat veronderstel is om die veiligheid van jou kind te verseker, nie meer die probleem ignoreer nie.

As die bullebakkery baie ernstig was en dat jy die dringend van die problem moet beklemtoon, kry ’n prokureur om die brief te skryf sodat die skool weet hoe dringend die situasie is. Dokumenteer ook enige fisiese mishandeling per foto, indien enige, en as jou kind emosionele trauma ondergaan het, soek die hulp van ’n sielkundige of terapeut.

Stuur die boodskap hard en duidelik.

Die tweede stap is om die ouers van die boelie in kennis te stel van die situasie en hulle te laat weet hoe belangrik dit is om hulle kind aanspreeklik te hou. Dit kan gedoen word deur hulle in te lig dat jy regstappe sal neem as die boelie nie dadelik gestop word nie. Beklemtoon die feit dat indien die boelie nie ophou nie, die wetsowerhede betrokke sal raak. Laat hulle weet die skool is bewus van die situasie en daar sal ernstige gevolge wees as hul kind nie ophou nie. Daar is ’n anonieme aanhaling wat sê: “Dit gaan daaroor om boelies, en in sommige gevalle hulle ouers, verantwoordelik en aanspreeklik te hou.”

Teen hierdie tyd is die skool en die ouers van die boelie bewus van die situasie. Gesamentlik met die bedreiging om regsamptenare te betrek, moet die boelie baie druk voel om die afknouery te stop. Gewoonlik, wanneer ’n boelie voel die gewig van hul gevolge (soos om uit die skool geskors te word of selfs ’n kriminele rekord as daar ernstige fisiese afknouery was), veel groter is as die plesier wat hulle uit bullebakkery kry, sal hulle stop.

Wat as die boelie nie ophou nie?

Dit is een van ’n ouer se grootste vrese: “Wat as ek met die onderwysers en die boelie se ouers gepraat het, en die boelie hou steeds aan?” Wel, dan moet jy ’n prokureur aanstel en ’n ’n saak oopmaak. Dit is ’n pynlike proses, maar die veiligheid van jou kind sal daarvan afhang. Wees eerder die ouer wat ’n mense ontstel as om later ernsitge gevolge hoef te hanteer – byvoorbeeld, jou kind kan sielkundige skade of depressie ontwikkel of in uiterste gevalle die verlies van jou kind as gevolg van selfmoord. Jou prokureur sal jou help om die verdere vereiste aksies te neem.


Jou aksies kan die hele skool verander.

Die oomblik wat een boelie suksesvol gestop is, sal daar ’n fantastiese transformasie wees in die manier waarop skole bestuur word. Onderwysers sal meer waaksaam wees, boelies sal twee keer dink voordat hulle ander kinders teiken of seergemaak en kinders wat ook geboelie is, kan uiteindelik die moed kry om teen hul eie boelies op te staan. Moenie bang wees om die ouer te wees wat teen boelies opstaan nie. Dit is in die beste belang van alle kinders in die skool.


Ons wil alle ouers aanmoedig wat kwessies hanteer waar hul kinders geboelie word. Bly sterk en beskerm jou kinders. Daar is ’n anonieme aanhaling wat sê: “Bullebakkery is nie ’n weerspieëling van die slagoffer se karakter nie, maar eerder ’n teken van die boelie se tekort aan karakter.” Herinner jou kinders dat ’n boelie se optrede nie hul skuld is nie, dit is altyd die boelie se skuld. Help jou kinders om hierdie situasies te oorkom en bo die omstandighede uit te styg.



*Afrikaanse Skoolprojekte se advies moet nie gesien word as regsadvies nie, maar slegs voorstelle aan ouers. As afknouery ernstig is, beveel ons aan om die owerhede of die kinderhulplyn per telefoon te skakel by 08000 55 555.

Maandag 10 September 2018

Omring jouself met vriende wat ook strewe na sukses.

Waarom jy vriendskappe wat jou onder groepsdruk plaas moet vermy.




Om die regte vriende te kry wanneer jy op skool is, kan moeilik en ’n bietjie beangstigend wees. Op skool word jy toegewys aan ’n spesifieke klaskamer en dit kan ’n groot impak op jou sosiale kring hê. Soms raak jy vriende met mense en besef dalk een of ander tyd dat jy af voel of dat jou selfbeeld afgeknou is. Dit beteken dat jy nie omring word met opbouende en positiewe mense nie en jy sal dalk ’n verandering in jou vriendegroep moet maak. Om meer oor selfbeeld te verstaan en jou selfvertroue op te bou, kyk na ons volgende blogs:


In hierdie blog artikel bespreek ons die volgende met betrekking tot die soort vriendskappe wat jy nodig het vir ’n gelukkige en suksesvolle skoolloopbaan:


1. Hoekom jy jouself moet omring met vriende wat ook streef na sukses.
2. Hoekom jy vriendskappe wat jou terneerdruk moet vermy.
3. Hoe om jouself te omring met opheffende vriende.


1. Hoekom jy jouself moet omring met vriende wat ook streef na sukses.

Beroemde motiveringspreker Jim Rohn het eenkeer gesê: “Jy word soos die vyf mense met wie jy die meeste tyd spandeer. Kies versigtig.” Dit beteken dat as jy soos die vyf mense word met wie jy die meeste van jou tyd spandeer en vier van die vyf mense is altyd negatief, veroordelend en pessimisties is, sal jy waarskynlik ook negatief, veroordelend en pessimisties word. As jy egter jou tyd spandeer met positiewe, entoesiastiese en optimistiese vriende, sal jy ook positief, entoesiasties en optimisties word.

Hierdie stelling hou sterk verband met die konsep genaamd ‘Die Wet van Gemiddeldes’. Die Wet van Gemiddeldes sê dat die waarskynlikheid van sekere gebeure toeneem as die gereeldheid daarvan toeneem. As jy dus die hoeveelheid tyd (gereeldheid) wat jy met mense spandeer wat eienskappe het wat jy verlang verhoog, sal jy uiteindelik daardie eienskappe optel en soos dié mense word.

’n Studie wat deur sielkundige wetenskaplikes Catherine Shea, Gráinne Fitzsimons en Erin Davisson van die Duke-universiteit in ‘Psychological Science’ gepubliseer is, ondersteun die stelling dat die soort vriende wat jy het, ’n baie groot impak het op jou langtermyndoelwitte. Hulle sê dat mense met lae selfbeheersing baie van hul selfbeheersing-stryd kan verlig deur by individue te wees wat hoë selfbeheersing het. Dit is te danke aan die feit dat die persoon met lae selfbeheersing geïnspireer sal word deur ’n vriend met hoë selfbeheersing en op hul selfbeheer-aanwysings optel om hul eie gedrag aan te pas.

Dit is dus baie belangrik om jouself te omring met hierdie soort mense wat jy bewonder en wie jou inspireer. Dit beteken nie dat jy ophou om vriende te wees met iemand as hulle nie perfek is nie. Dit beteken eenvoudig dat jy moet oplet met wie jy die meeste van jou tyd spandeer en hoe dit bydra tot jou lewe. As jy sterk genoeg is kan jy die persoon word wat ander inspireer en help.


2. Hoekom jy vriendskappe wat jou terneerdruk moet vermy.

Dit is duidelik dat ons vriende ’n groot deel vorm van wie ons is, maar dit geld ook vir ons broers en susters, ouers en familie. Ons sal meer soos die mense word met wie ons die meeste van ons tyd spandeer. Daarom kan ons minder tyd spandeer met mense wat ’n swak invloed op ons selfbeeld, akademiese prestasie, motivering en selfbeheersing het.

Ons wil jou daaraan herinner dat almal ‘af’ dae of omstandighede het wat hulle hartseer en negatief maak. Voordat jy net mense uit jou lewe sny omdat hulle negatief voorkom, evalueer die verhouding noukeurig en hê deernis met ander se omstandighede. Byvoorbeeld, as jy ’n vriend gehad het wat die afgelope tyd baie negatief was, evalueer die situasie deur jouself die volgende vrae te vra:


  • Is hierdie vriend altyd negatief, of is daar iets spesifiek wat hom/haar ontstel? Bv. miskien is daar ’n krisis by die huis, of ’n aanstaande toets wat stres kan veroorsaak.
  • Is hierdie negatiwiteit iets wat uiteindelik sal verbygaan? Bv. miskien is ’n troeteldier oorlede en jou vriend werk steeds deur die verlies, maar uiteindelik sal die pyn en hartseer genees en verbygaan.
  • Vermoed jy dat daar iets is wat jou vriend pla wat hy/sy nie nou met jou wil deel nie? Bv. jou vriend kan simptome van depressie aandui of jy kan oplet dat iets verkeerd is. Dit kan beteken dat hy/sy skaam is oor die situasie waarin hul tans hul bevind en wil nie ’n las wees nie.
  • Is daar iets wat jy kan doen om te help? Bv. miskien het jou vriend ’n toets gedruip en het baie negatief daaroor begin geraak, jy kan help deur jou notas te deel of sekere huiswerk te verduidelik.
Wanneer jy jou vriend se negatiwiteit geëvalueer het en jy tot die gevolgtrekking gekom het dat die negatiwiteit weens ’n spesifieke gebeurtenis of omstandigheid is wat vir hom/haar stres en hartseer veroorsaak, dat dit uiteindelik verby sal gaan en dat jy hul kan help, dan kan jy aflei dat hierdie persoon gewoonlik positief en opbouend is. Daar is geen rede om hierdie vriendskap te beëindig nie en jy moet eerder meer tyd in hierdie vriendskap belê om ondersteuning te bied en jou vriend te help. As jy egter aflei dat hierdie vriend se negatiwiteit nie verband hou met omstandighede of gebeurtenisse nie, is hy/sy meestal negatief, en hy/sy wil nie hulp hê nie, dan is dit dalk net ’n slegte gewoonte om pessimisties te wees en jy behoort te oorweeg om minder tyd met hom/haar te spandeer. Dit beteken nie dat jy ’n vriendskap op ’n nare manier moet beëindig nie. Dit beteken bloot dat jy jouself moet beskerm om negatief te raak. Jy behoort minder tyd saam met hom/haar te spandeer.

Die volgende kenmerke moet rooi ligte wees dat jy dalk nodig het om ’n vriendskappe te beëindig:

  • Vriendskappe wat teen jou kernwaardes strek, byvoorbeeld eerlikheid. As jy vriende het wat lieg en bedrieg, moet jy nie sleg voel om so ’n vriendskap te beëindig nie.
  • Vriende wat ontelbare kere jou in die moeilikheid kry. Dit is baie moeilik om op skoolwerk te konsentreer en jou weddenskap uit te voer wanneer jy die heeltyd in die moeilikheid is by onderwysers. Dit kan ook die verhouding met ’n onderwyser benadeel asook stremming op die verhouding met jou ouers plaas, indien die skoolhoof hulle moet kontak om hulle te vertel oor jou swak gedrag.
  • Vriende wat selfgesentreerd of narcisties is. Dit beteken dat hierdie vriende nie dieselfde moeite sal plaas in die vriendskap as wat jy doen nie. Hulle sal jou ook nie ondersteun in jou persoonlike doelwitte nie, aangesien hulle net omgee oor hulself.
  • Vriende wat jou blameer vir hul eie tekortkominge of ongelukkige omstandighede. Vriende wat jou die skuld gee as hulle nie sukses behaal nie of jou in die moeilikheid laat beland, is nie regte en ware vriende nie.
  • Pretensieuse vriendskappe, waar hulle swak oor jou agter jou rug praat, is nog ’n rooi lig waarvoor jou moet uitkyk om dalk die vriendskap te beëindig.
  • Jaloerse vriende is giftig vir jou geestesgesondheid. Jy moet probeer om weg te bly van vriende wat jaloers op jou is. Om jaloesie te verstaan en hoe om jaloerse vriende te hanteer, lees ons blog ‘Hoe om jaloesie van eweknieë te verstaan en oorkom’.
  • Vriende wat jou die hele tyd afbring. Vriende wat jou beledig, jou foute optel of jou swakhede uitwys, is nie vriende wat die moeite werd is om te hou nie.
Identifiseer die vriendskappe in jou lewe wat jou laat sleg voel oor jouself, wat nie goed is vir jou geestesgesondheid nie en vriende wat nie jou doelwitte ondersteun nie. As jy dit gedoen het, bepaal hoe jy in die toekoms met hierdie vriende sal te werk gaan. Besluit of jy minder tyd saam met hulle moet spandeer of selfs die vriendskap heeltemal moet beëindig. Besluit of jy regtig hierdie slegte vriende as kennisse wil hou of nie. Jy kan net minder tyd spandeer met sekere vriende, aangesien mense uiteindelik uit vriendskappe groei. Of as giftige vriendskappe jou selfbeeld negatief beïnvloed, moet jy dit dalk beëindig deur direk met hulle te praat en jouself aan hulle te verduidelik.


3. Hoe om jouself te omring met opheffende vriende.

Jack Canfield het gesê: “Maak ’n bewuste poging om jouself te omring met positiewe, voedende en opbouende mense – mense wat in jou glo, jou aanmoedig om jou drome na te streef en wat jubel oor jou oorwinnings.” Canfield beskryf die soort vriende wat ons almal wil hê. Die soort vriende wat jou help groei, in jou drome glo en jou oplig. Die vraag is egter hoe vind ons vriende soos hierdie? Nie al die eienskappe wat jy soek in ’n vriendskap sal in een persoon voor kom nie. Jy moet dalk ’n paar verskillende vriende, in verskillende groepe en met verskillende belange, vind. Omring jouself met die volgende soort mense en maak vriende met hulle:

Omring jouself met mense wat jou inspireer.

Mense wat jou inspireer, beskik oor kwaliteite of eienskappe wat jy wil hê. As jy na hul lewens kyk, word jy ook geïnspireer om soos hulle te wees. Dit is ’n persoon wat ouer of meer suksesvol is as jy, iemand by wie jy kan leer.

As jy meer intelligent wil word en beter in jou akademie wil doen, maak vriende met die slim kinders, vra vir hulle vrae, leer saam met hulle en komplimenteer hul kennis. Die meeste slim mense gee nie om om hul kennis te deel nie en jy kan dalk net moeilike vakke begin geniet. Hierdie manier om vriende te kies kan toegepas word op enige aktiwiteit waarin in wil verbeter – sport, musiek, kuns, besigheid, ens.

Omring jouself met die mense wat jou uitdaag.

Vriende wat jou uitdaag, is groot motiveerders vir jou om meer suksesvol te wees en om jou doelwitte te bereik. Dit is waarom die meeste liggaamsbouers ’n oefenmaat het. ’n Goeie oefenmaat sal vir jou vertel om nog een opstoot te doen, vinniger te hardloop, hoër te spring. ’n Goeie oefenmaat sal jou aanmoedig om jou bes te doen en jou perke uit te daag. Vind vriende wat soos ’n goeie oefenmaat is, vriende wat jou druk om beter in toetse te doen, jou uitdaag om beter in sport te doen, wat die regte druk op jou plaas sodat jy jou beste in elke aspek van jou lewe kan gee. Vind vriende wat lief is om jou te sien wen.

Omring jouself met die mense wat jou ophef.

Mense wat jou ophef laat jou die meeste van die tyd goed voel. Dit kan wees om jou te laat lag, jou te troos wanneer jy hartseer voel of jou help om jou probleme op te los. Vind mense wat jou laat goed voel oor jouself en jou veilig in die vriendskap laat voel. Hierdie vriende is dalk nie altyd die slimste of die suksesvolste nie, maar die soort vriende by wie jy gelukkig en optimisties voel oor die lewe.

Wees die soort vriend wat jou inspireer, uitdaag en ander ophef.

Ons wil jou aanmoedig om vriende te kry wat jou inspireer, uitdaag en ophef. Jy moet egter ook die soort vriend wees wat jou vriende sal inspireer, uitdaag en ophef. Maak die poging om jou vriende te help, inspireer om hul doelwitte te bereik en hulle uit te daag om beter te wees. As jy goeie vriende wil hê, moet jy ook ’n goeie vriend wees. As jy jou vriende wil inspireer, moet jy hulle ook inspireer. As jy vriende wil hê wat jou ophef, moet jy hulle ook ophef. Dit is hoe jy betekenisvolle vriendskappe bou, deur die soort vriend te word wat jy wil hê. Soortgelyke soorte trek immers mekaar aan.


Ons hoop dat jy geïnspireer is deur hierdie blog om ’n goeie vriend te wees en ook vriende te vind wat goed vir jou is. Onthou om hierdie artikel met jou vriende te deel en hulle te help om ook beter vriende te word.


Het jy hierdie artikel geniet?
Hoekom probeer jy nie ons produkte uit nie?
Sluit vandag aan!

Besoek ons webtuiste: www.afrikaanseskoolprojekte.co.za


Maandag 03 September 2018

6 Redes waarom jy nie nou moet moed opgee op jou skoolonderrig nie.


Soms moet ons boekwurms word om goeie resultate te kry. Dit is belangrik om hard te werk en die wil het om te slaag. Niks is meer neerdrukkend as om ’n jaar te herhaal of om op te skop nie.




Gedurende die derde kwartaal in ’n skooljaar is kinders geneig om ’n bietjie meer ontspanne en vergeetagtig van hul akademiese doelwitte te wees. Jy kan jou koers verloor a.g.v. die warmer weer en lekker aktiwiteite wat voorlê in die lente. Daar is swembadpartytjies en skooldanse en selfs ’n kort skoolvakansie om na uit te sien. Die waarheid bly egter, toetse en huiswerk gaan ophoop en dit is nou tyd om doeltreffend vir die einde van die jaar se eksamens voor te berei. Nou is dit die tyd om jouself toe te wy aan die doelwitte wat jy in die begin van die jaar gestel het. Dit is nie nou die tyd om op te gee op jou skoolopleiding nie.

Om op so ’n kritiese tyd gedurende die skooljaar op te gee sal net vir jou teleurstelling bring. Om op te gee beteken dat jy opgehou het om ’n poging te maak en selfs erken dat jy verslaan is. Om fisies op te gee op jou skoolonderrig beteken om op te hou om jou huiswerk te voltooi, nie opdragte in te handig nie, of jy word te lui om elke dag se werk op te som. Om geestelik op te gee is veel erger, want dit beteken dat jy reeds besluit het dat jy nie sal slaag om jou akademiese doelwitte te bereik nie. Om geestelik op te gee beteken dat jy opgehou probeer het omdat jy alle hoop verloor het om sukses te behaal.

Jesse Jackson het eenkeer gesê: “As jy agter raak, hardloop vinniger. Moenie opgee nie, moenie oorgee nie, en styg uit bo alle verwagtinge.” Ons wil jou vandag inspireer om nie op te gee op jou onderrig nie en om voort te gaan om jou bes te gee.

Daarom wil ons met jou die beste redes deel hoekom jy nie moet opgee nie. Hierdie redes word die beste omskryf deur die volgende 6 vrae te vra:


1. Hoekom het jy hierdie doel in die eerste plek?2. Sal jy spyt wees om nie te slaag nie?3. Wat sou jy misloop as jy nie jou doelwitte bereik nie?4. Sal dit jou regtig gelukkig maak om te druip?5. Hoekom bewys jy nie jou kritici verkeerd nie?6. Watter soort persoon sal ek word as ek nie leer nie?



1. Hoekom het jy hierdie doel in die eerste plek?

Die eerste vraag om jouself te vra wanneer jy op jou akademiese reis wil tou opgooi, is: “Hoekom het jy hierdie doel in die eerste plek?” Die antwoord sal vir elke individu verskil, want ons is almal uniek en het ons eie motiewe. Dit kan wissel vanaf om jou eweknieë te beïndruk of om jou ouers tevrede te stel, om mislukking te vrees of omdat jy dit geniet om erkenning te kry vir jou sukses. Dit kom altyd neer op die feit dat ons as mense atyd wil aanhou om te ontwikkel. Selfs wanneer dit moeilik of ongemaklik is, wil mense in die algemeen hulself verbeter.

Daarom kan ons aflei dat jy ’n akademiese doel stel sodat jy jouself kan verbeter. Hierdie doel kan nuut wees vir jou of iets wees wat jy weer wil bereik. Wat ook al die geval mag wees, jy wil jou lewenservaring uitbrei, jou gedagtes laat ontwikkel en ’n beter weergawe van jouself word wanneer jy hierdie doel bereik. As jy die rede hoekom jy jou doel wil bereik ken, voel dit minder soos werk en meer soos ’n missie. Maak die rede waarom jy jou akademiese ambisies nastreef toepaslik en opwindend, en dit sal jou help om gefokus te bly op die eindresultate.


2. Sal jy spyt wees om nie te slaag nie?

Daar is 'n kragtige aanhaling deur Jim Rohn wat sê: “Daar is twee tipes pyn wat jy in die lewe sal ervaar, die pyn van dissipline en die pyn van berou. Dissipline weeg onse terwyl berou tonne weeg.”

Jim Rohn se woorde is baie waar wanneer dit kom by die onderwys. Wanneer jy jouself dissiplineer om te studeer wanneer jy moet, kan jy tydelike ongemak ervaar. Die ongemak van dissipline is egter veel minder as die ongemak van berou wat jy voel wanneer jy ’n toets druip of die jaar moet herhaal. Die beloning om gedissiplineerd te wees, is beter as die korttermyn vertroosting van luiheid en uitstel. Daarom moet jy leer wanneer jy die tyd gemaak het om te studeer en aan jouself die moeilike vraag vra: “Sal ek spyt wees as ek nie sukses behaal nie?”


As jy hulp nodig het oor hoe om ’n skedule op te stel, lees ons blog ‘Vierwenke wat jou sal help om 'n skedule vir ’n suksesvolle skooljaar op te stel’ en om te leer hoe om skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite deur tydsbestuur te balanseer, lees ons blog ‘Vind balans tussen skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite’.


3. Wat sou jy misloop as jy nie jou doelwitte bereik nie?

Afhangende van jou akademiese doelwitte, kan daar verskeie wonderlike ervarings wees wat jy kan misloop as jy dit nie bereik nie. Oorweeg die volgende voorbeelde:

Jy kan ’n ooreenkoms met jou ouers hê dat jy slegs kan deelneem aan jou gunsteling sport indien jy al jou vakke slaag.

As jy ’n baie moeilike graad wil studeer wat baie onderskeidings vereis, soos medies of ingenieurswese, kan jou doelwitte die verbetering van jou wiskunde punte insluit.

Miskien het jy ’n bietjie slap gelê en jy het nie so goed gedoen in die vorige toetse soos jy wou nie. Alhoewel jy nie so goed in die verlede gedoen het nie, wil jy die akademiese jaar sterk afeinding en jy kan ’n nuwe doel stel om jou finale punte te verbeter.

Jou doel kan ook baie meer persoonlik wees. Byvoorbeeld, om aan jouself te bewys dat jy van 40% tot 50% in ’n vak kan styg. Jou toewyding sal jou hoop gee.

Daar is baie ander voorbeelde waarom jy jou doelwitte wil bereik. Alhoewel jy dalk oorweldig kan word met vrees dat dit te laat is om jou kanse te verbeter om jou doelwitte te bereik, wees gerus dat dit nooit te laat is nie. Moenie jou opvoedkundige doelwitte misloop weens vrees, luiheid of uitstel nie. As jy in ’n sportspan wil speel, maar jou punte op jou rapport moet verbeter, laat dit jou dan inspireer om te gaan leer. As jy dokter wil wees, leer dan so hard as wat jy kan, sodat jy nie die geleentheid mis om lewens te red nie. As jy in die Top 10 akademiese presteerders in jou graad wil wees, moet jy jouself dissiplineer om elke dag opsommings te maak en deur oefen-eksamenvraestelle te werk. As jy jou lewe wil verander en die eerste persoon in jou gesin word om universiteit toe te gaan, moet jy harder werk as wat jy ooit tevore gewerk het. Vra jouself af: “Wat sal ek misloop as ek nie my doelwitte bereik nie?” en besluit dan watter veranderinge jy moet aanbring in jou daaglikse roetine sodat jy jou doelwitte kan bereik.


4. Sal dit jou regtig gelukkig maak om te druip?

Dit is natuurlik ’n baie maklike vraag om te antwoord, want om te druip sal jou nooit gelukkig maak nie. Vir ’n baie kort tydperk kan uitstel egter jou gelukkig maak, of eerder, om speletjies te speel as om te leer mag dalk goed voel, maar deur uitstel en om nie te leer nie, kan jy die pad van mislukking stap.

Dus, in plaas van om ’n ander episode van jou gunsteling televisie-reeks te kyk, of vir die 10de keer deur jou sosiale media te gaan, of selfs om net tyd te mors wanneer jy moet leer, vra jouself af: “Sal ek gelukkig wees as ek druip? Sal ek die gelukkigste weergawe van myself wees as ek nie my doel bereik nie? Of sal ek meer gelukkig wees oor die langtermyn as ek slag en suskes behaal?


5. Hoekom bewys jy nie jou kritici verkeerd nie?

Jy moet nooit jou lewe leef om ander te behaag, of in ooreenstemming bring met die standaarde wat jou maats of gemeenskap op jou plaas nie. Daar is egter niks so bevredigend as om jou doelwitte te bereik wanneer ander mense nie gedink het jy kan nie. Mense wat in jou getwyfel het, of agter jou rug aan ander gesê het dat jy nie jou drome kan bereik nie, sal geskok en selfs teleurgesteld wees as jy eintlik bereik wat hulle geglo het jy nie kan doen nie.

Die waarheid is, mense wat in jou vermoëns twyfel of sê dat jy te groot droom, sal reg of verkeerd wees. Hulle sal óf kan sê: “Ek het vir jou gesê dat dit nie gedoen kan word nie” of hulle sal moet erken dat jy daarin geslaag het toe hulle nie in jou geglo het nie. Wat wil jy eerder doen? Ons sê – gaan bewys die mense verkeerd wat in jou getwyfel het – baie verkeerd! Die keuse is joune.

 6. Watter soort persoon sal ek word as ek nie leer nie?

Hierdie laaste vraag sal vereis dat jy diep in jou hart se begeertes delf en om jou lewe in 5 of 10 of selfs 20 jaar van nou af in te dink. Watter soort persoon sal jy wees as jy nie leer en hard werk aan jou akademiese doelwitte nie? Stel jouself voor as die ideale weergawe van jouself, met ’n universiteitsgraad en ’n wonderlike loopbaan. Sien jouself in jou gedagtes as die persoon wat jy wil wees. Verstaan dat dit moontlik is om daardie persoon te wees, maar dit vereis dat jy hard moet werk aan jou blink toekoms. As jy bereid is om jou beste poging vir jou skoolonderrig te gee, sal jy so trots wees op jou toekomstige self.


Ons wil jou aanmoedig om jouself hierdie moeilike vrae te vra en hard aan jou akademie te werk. Wees vertroue dat jy in staat is om sukses te behaal as jy nie opgee nie. Die sleutel is om vandag te begin.

Laat weet ons hoe jy jouself motiveer wanneer jy inspirasie nodig het vir jou skoolonderrig.

Het jy hierdie artikel geniet?
Hoekom probeer jy nie ons produkte uit nie?
Sluit vandag aan!

Besoek ons webtuiste: www.afrikaanseskoolprojekte.co.za