Maandag 24 September 2018

Maak hoflike kinders groot met goeie gedrag en goeie maniere.

Hoe om jou kind goeie maniere te leer en waar om te begin.


Een van die beste komplimente wat ’n ouer kan ontvang, is wanneer iemand jou kinders se goeie gedrag komplimenteer. Dit gebeur gewoonlik as jy as ouer nie naby is om na jou kinders te kyk nie en ’n ander volwassene merk het hul goeie gedrag op. Goeie gedrag is iets wat geleer word, net so is slegte gedrag. Dit beteken as jou kinders swak gedrag het, is daar hoop en kan dit herstel word, aangesien gedrag iets is wat ons aanleer.

In hierdie artikel bespreek ons die volgende belangrike aspekte van die opvoeding van kinders om goeie gedrag te hê:

As jy goeie gedrag wil hê, wys goeie gedrag.Verduidelik hoekom sekere gedrag goed is.Maak kinders groot met ander in gedagte.Beloon goeie gedrag.


As jy goeie gedrag wil hê, wys goeie gedrag.

Hoeveel ouers wens hul kinders sal net beskaafd teenoor volwassenes praat, tog praat die ouers self op ’n vernederende manier teenoor hul eggenoot of kinders? As jou kinders slegte gedrag toon, beteken dit dat jy ’n bietjie selfrefleksie oor jou eie gedrag moet doen. Kinders doen selde wat jy sê, hulle doen wat jy doen.


Verduidelik hoekom sekere gedrag goed is.

Kinders is van natuur nuuskierig en absorbeer inligting soos sponse. Moenie net sê wat hulle moet doen nie, verduidelik hoekom dit belangrik is dat hulle dit doen. Wanneer jy verduidelik hoekom hulle hoflik moet wees, sal hulle meer inligting oor die onderwerp hê en die aksie wat jy wil hê hulle moet doen as belangriker beskou. As jy byvoorbeeld wil hê hulle moet goeie tafelmaniere hê, verduidelik hoekom dit belangrik is: Dit sal jou vriende baie ongemaklik laat voel om te sien jy eet met jou mond oop en hulle sien al die kos wat jy kou in jou oop mond.


Maak kinders groot met ander in gedagte.

Kinders word selfsugtig gebore omdat di deel is hulle natuurlike oorlewingsinstink om net vir hulself uit te kyk. Tog soos jou kinders groot word, is dit belangrik om hulle te leer om die mense rondom hulle en hulle gevoelens in ag te neem. Dit beteken hulle moet bewus wees van ander se emosies en gevoelens en nie net hulle eie nie.

Emily Post, Amerikaanse skrywer wat bekend is vir die skryf van etiket, het gesê: “Maniere is die sensitiewe bewustheid van die gevoelens van ander. As jy daardie bewustheid het, het jy goeie maniere, maak nie saak watter vurk jy gebruik nie.”


Beloon goeie gedrag.

Positiewe gedragsversterking beteken om goeie gedrag te beloon sodat daardie gedrag met die beloning geassosieer word. Dit is bloot ’n vorm van aanmoediging. Dit beteken eenvoudig dat jy as ouer moet op die goeie dinge wat jou kinders doen let en vir hulle dankie sê daarvoor. Hoekom werk hierdie tegniek? As jou kinders hul bes probeer om iets goed te doen, maar dit word nie opgemerk of beloon nie, maar hulle word altyd gestraf vir hul slegte gedrag, dan is die slegte gedrag die enigste aksies wat aandag kry. Al die fokus is dus net op die slegte gedrag en as hulle jou aandag wil hê sal hulle verder slegte gedrag toon.



Ons wil alle ouers aanmoedig om hul kinders met goeie maniere op te voed en te belê om hulle goeie gedrag te leer. Onthou, wat jy nou jou kinders leer, sal die eienskappe wees wat hulle as volwassenes het. Andy Andrews stel dit so: “Die doelwit is om nie goeie kinders groot te maak nie. Dit is om kinders groot te maak wat goeie volwassenes word.”






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking