Maandag 29 Oktober 2018

7 Stelle advies om jou gedagtes voor te berei om eksamens te skryf.


Kry jouself in die regte ingesteldheid om uitstekende resultate hierdie eksamen te behaal.



Dikwels wanneer ons vir eksamens begin leer kan baie emosies deur ons gedagtes hardloop. Ons is geneig om angstig en bekommerd te voel, of selfs begin om leerwerk uit te stel om angstigheid en stres te verhoed. Hoe kan ons die eksamens in die oë staar sonder om te huiwer? Die sleutel lê in die voorbereiding van ons gedagtes vir sukses. Wanneer jy eksamen skryf is 50% kennis en 50% ingesteldheid. As jy by die eksamenlokaal inloop met die gedagte dat jy alreeds gedruip het, gaan jy waarskynlik nie jou beste gee nie en dit lei tot mislukking. As jou gedagtes gerig is op sukses en jy werklik glo dat jy die punte kan kry wat jy wil, dan sal jy jou beste poging gee en dit lei tot goeie punte. Dr Roopleen het eenkeer gesê: “Om op te gee is nooit ’n opsie op die pad na sukses nie. Vind die pad vorentoe. As jy ’n positiewe ingesteldheid het en bereid is om te volhard, is daar min wat buite jou bereik is. Die gesindheid om gereed te wees om te werk, selfs in die aangesig van uitdagings en ten spyte dat die kanse teen jou tel, is wat die groot verskil in jou lewe sal maak.”

In hierdie artikel wil ons jou 7 wenke gee om jou gedagtes voor te skryf vir eksamens.1. Leer om reg te asemhaal.2. Moenie dink dat stres sleg is nie.3. Praat met jouself soos jy met jou beste vriend sou praat.4. Moenie jouself vergelyk met jou vriende nie.5. Maak gebruik van oefen-eksamenvraestelle.6. Moenie met negatiewe klasmaats gepla wees nie.7. Visualiseer wat jy wil hê.


1. Leer om reg te asemhaal.

"Haal net ’n diep asem en tel tot 10.” Ons het almal al raad soos dit gehoor. Wetenskaplikes het egter bewys dat die beheer van jou asemhaling patrone, soos om ’n lang inasem vir 5 sekondes en uitasem vir 5 sekondes te neem, aansienlik jou stres kan verlaag en tekens van angs verminder. Patricia Gerbarg, ’n assistent-kliniese professor in psigiatrie en navorser oor die belangrikheid van asemhaling, het die volgende gesê: “Deur patrone van asemhaling te verander, kan ons ons emosionele toestande verander asook hoe ons dink en hoe ons met die wêreld reageer. Dit is ’n baie kragtige instrument vir sielkundige toepassings.”

As jy dus oorweldig voel terwyl jy leer, staan op vanaf jou lessenaar en sit op ’n gemaklike plek. Haal dan diep en gemaklik asem vir 5 minute. Voel hoe jou longe uitstoot, voel hoe jou hart bedaar en voel hoe die suurstof na jou brein gaan.


2. Moenie dink dat stres sleg is nie.

Ons is dikwels so bekommerd oor stres, dat ons begin stres oor die hoeveelheid spanning wat ons het. Stres is egter nie sleg nie. As mense is ons vir oorlewing geprogrammeer. Om te kan oorleef, het ons ’n stres-reaksie wat veroorsaak word wanneer ons bang of bekommerd is oor iets. Spanning bestaan omdat dit die mens se bewustheid en dringendheid verhoog om op te tree.

Stres het sy newe-effekte, maar as jy stres sien as ’n manier waarop jou liggaam voorberei vir ’n uitdaging, sal jy baie beter presteer. Stres verhoog jou hartklop, wat beteken dat jy meer bloedvloei na jou brein ontvang. Stres help jou om te fokus op die uitdaging wat voorlê. Stres maak jou ook bewustelik. Hierdie eienskappe kan tot jou voordeel gebruik word as jy stres sien as jou helpende hand om beter te presteer in eksamens. Lees ons blogs, ‘Hoe om eksamenstres te hanteer.’ en ‘7 Tegnieke wat jong kinders sal help om stres te hanteer’ om stres beter te verstaan en hoe om dit te hanteer.




3. Praat met jouself soos jy met jou beste vriend sou praat.

Wat doen jy as jy sien dat jou beste vriend gestres is of bekommerd voel? Jy verkleineer nie hulle of sê dat hulle gaan druip omdat hulle nie hard genoeg gewerk het nie. Jy moedig jou vriend aan en laat hulle waardig voel vir prestasie en sukses. Jy moet dit met jouself doen wanneer jy kwaad of gefrustreerd voel met jouself tydens eksamentyd. Moedig jouself aan. Sê vir jouself dat jy goeie werk gelewer het. Wees jou eie aanmoediger in tye wanneer dit moeilik is.


4. Moenie jouself vergelyk met jou vriende nie.

As jy jou eie prestasies vergelyk met dié van jou vriende, kan jy dalk voel dat hulle soveel beter is as jy. Moenie in die lokval beland waar jy dink jy is nie goed genoeg nie. Dit plaas slegs ekstra druk en onnodige stres op jou. Kyk eerder na jou vriende se prestasies as inspirasie, wens hulle sterkte toe en gaan voort om op jou eie doelwitte te fokus.


5. Maak gebruik van oefen-eksamenvraestelle.

Die gebruik van oefen-eksamenvraestelle is een van die beste metodes om jou ingesteldheid vir eksamens gereed te kry. Dit is omdat jou verstand vertroud sal wees met eksamen-omstandighede en hoe om vrae te beantwoord, wat angs sal verminder.

Afrikaanse Skoolprojekte spesialiseer in die verskaffing van eksamenvraestelle. Ons Eksamenvraestelle en Antwoorde help leerders om die tegnieke van toetse en eksamens te bemeester. Ons voorbeeldvraestelle word op dieselfde wyse, formaat en moeilikheidsgraad deur die NKV aangebied en is gebaseer op CAPS. Die vrae stimuleer linker en regterbreinaktiwiteit. Die volgende tipe vrae word in ons vraestelle ingesluit: Definisie van terme; Waar of Vals (Verskaf die korrekte antwoord as dit vals is); Pas kolom B by kolom A; Diagramme en Sketse; Vul die ontbrekende woorde in; Meervoudige keuse; Kort vrae; Lang vrae; Blokkiesraaisels. Alle vakke per graad word ingesluit en vakke word in kwartale verdeel. Besoek ons webtuiste om meer uit te vind: www.afrikaanseskoolprojekte.co.za

Om meer te leer oor die belangrikheid van oefen-eksamenvraestelle, lees ons blog, ‘Die beste manier om te verseker dat jy voorbereid is vir jou eksamen, is deur selfassessering.




6. Moenie met negatiewe klasmaats gepla wees nie.

Negatiwiteit is aansteeklik. Hoe meer tyd jy spandeer rondom negatiewe mense, hoe meer sal hulle negatiwiteit jou beïnvloed en dan sal jy ook negatief word. Ons stel voor dat jy negatiwiteit rondom eksamentyd vermy, veral voor ’n toets. Byvoorbeeld, wanneer ’n klasmaat die oggend van jou eksamen na jou toe kom en kan iets sê soos, “Ek het nie regtig vir hierdie toets geleer nie” of “Ek weet ek gaan die eksamen druip”. Moenie aan hierdie soort negatiewe gesprekke deelneem nie. As jy dit doen, sal jy met ’n negatiewe houding na die eksamenlokaal gaan. Praat eerder oor iets positiefs, soos die komende vakansies, jou hond of selfs dat jy die middag na ’n roomys uitsien. As dit te moeilik is om die onderwerp na iets positiefs te verander, verskoon jouself en stap weg of gaan na die badkamer. Jy kan selfs ’n stil plek opspoor waar jy diep kan asemhaal om die spanning te verlig. Moenie toelaat dat die negatiwiteit jou voor die toets depressief laat voel nie. Wees vol vertroue. Vir meer wenke oor hoe jy voor jou toets vol vertroue kan bly, lees ons blog, ‘5 Wenke om jou selfvertroue binne en buite die klaskamer op te bou.




7. Visualiseer wat jy wil hê.

Alhoewel om jou doelwitte te bereik baie harde werk vereis, kan dit help om te visualiseer hoe jy jou doelwitte bereik en so dus jou nader aan jou doel bring. Kimberly Hershenson, ’n terapeut in New York, het in ’n onderhoud met Bustle gesê: “Visualisering help ons brein om seine na ons liggame te stuur om op te tree in ’n manier wat ooreenstem met die beelde in ons gedagtes. Dit help ons om ’n duidelike beeld te kry van wat ons graag wil bereik, asook ’n visie dat dit werklik moontlik is.” Daarom, as jy visualiseer hoe goed jy in jou eksamens doen, sal jou brein probeer om volgens daardie beeld optree.




Ons wens elke leerder sterkte toe met die voorbereiding vir hul eksamens. Moenie opgee wanneer dinge moeilik raak nie. Moenie ophou om in jou akademiese drome te glo nie en moenie jouself beperk deur te twyfel nie. Soos Bruce Lee eenkeer gesê het, “As jy altyd ’n beperking plaas op alles wat jy doen, fisies of enigiets anders, sal dit na jou werk en jou lewe versprei. Daar is geen perke nie. Daar is net plato’s en jy moet nie daar bly nie. Jy moet verder as dit gaan.”

Maandag 22 Oktober 2018

5 Wetenskaplik-beproefde wenke om jou te help om voor te berei vir jou eksamen.


Skuif agter jou handboeke in! As jou ouers en onderwysers dit nie genoeg beklemtoon het nie, wil ons dit duidelik maak!




Met eksamens om die draai en onderwysers wat probeer om die kwartaal se werk af te handel, kan jy dalk die druk begin voel om te begin leer. Met huiswerk en buitemuurse aktiwiteite wat nog in jou skedule is, kan dit egter moeilik wees om die tyd of motivering te kry om agter die boeke in te skuif. Daarom wil ons met elke leerder 5 wetenskaplik-beproefde wenke deel wat jou leersessies sal bevorder.

In hierdie artikel bespreek ons die volgende 5 Wetenskaplik-beproefde wenke om jou te help met eksamenvoorbereiding:1. Herroep in plaas van lees.2. Gebruik die Feynman-tegniek.3. Leer soos Leitner.4. Laat jou hart pomp.5. Oefen met toetse.

  1. Herroep in plaas van lees.


Volgens die sielkunde professor Mark A McDaniel, van die Washington Universiteit, is dit ’n algemene fout wat die meeste studente maak om bloot deur hul handboeke te lees en weer te lees en te dink dat dit die beste studiemetode is. Hy sê leerlinge moet hul werk eerder aktief herroep deur hul handboeke neer te sit nadat hulle die inligting gelees het en dan óf alles skryf wat hulle kan onthou óf dit hardop sê. Hy verklaar dat om deur jou werk te herlees is eenvoudig ’n ondoeltreffende studiemetode aangesien studente met hul handboeke vertroud is, daarom daag hulle nie hul brein uit om te dink en te onthou wat hulle gelees het nie. Die probleem ontstaan in toetse, want dan het die leerlinge nie die gerief van hul handboeke saam met hul nie en dan voel hulle dat hul gedagtes “leeg” is. In een van Daniel se eksperimente het hy twee groepe mense dieselfde komplekse gedeelte laat memoriseer. Een groep het slegs deur die gedeelte teks gelees en weer gelees terwyl die ander groep die inhoud van die gedeelte aktief herroep het. Kan jy raai watter groep ná ’n week meer inligting kon herroep? Natuurlik was dit die tweede groep wat aktiewe herroeping as hul studiemetode gebruik het.



2. Gebruik die Feynman-tegniek.

Die Feynman-tegniek word toegeken aan die Nobel-pryswennende fisikus, Richard Feynman. Feynman was altyd in staat om sy komplekse konsepte simplisties te verduidelik dat dit ’n metode geword het wat enigiemand kan toepas. Na bewering het Albert Einstein eens gesê: “As jy dit nie eenvoudig kan verduidelik nie, verstaan jy dit nie goed genoeg nie.” Daarom is die Feynman-tegniek so belangrik wanneer jy leer, aangesien jy self die onderwerp beter sal verstaan deur dit te verduidelik.

Hierdie metode word in vyf stappe toegepas: 
  • Eerstens moet jy die onderwerp kies wat jy gaan verduidelik. Besluit of jy dit mondeling gaan verduidelik en of jy dit gaan neerskryf. Ons stel voor dat jy beide doen (net soos ’n goeie onderwyser), verduidelik die onderwerp verbaal en skryf dit neer soos jy aangaan.
  • Die tweede stap is om die konsep van die vak wat jy leer te verduidelik, soos jy dit verduidelik aan ’n vyfjarige (of aan jou grootouers). Dit beteken dat jy eenvoudige taal moet gebruik, maar steeds die hele konsep verduidelik en die kernbeginsels insluit. In hierdie stap moet jy ook praktiese toepassing of voorbeelde van hierdie konsep insluit.
  • Die derde stap is om aan te dui waar jou kennis ’n gaping of leemte gehad het. Wat het jy vergeet om in die verduideliking in te sluit of waar het jy dit verkeerd verduidelik? Hersien jou verduideliking vir akkuraatheid, volledigheid en waar jy jouself betwyfel het.
  • In die vierde stap moet jy ’n vergelyking of analogie maak om die konsep te verduidelik. Daarom moet jy die nuwe konsep verbind met die bestaande inligting. Byvoorbeeld, deur te leer oor breuke is net soos om ’n koek in verskillende stukke te sny.
  • Die laaste stap is om jou verduideliking te vereenvoudig. Hoe kan jy dit makliker, eenvoudiger of vinniger verduidelik? Voer al die stappe weer uit om te verseker dat jy die konsep op vereenvoudig het en tot die beste van jou vermoë verduidelik het.



3. Leer soos Leitner.

Sebastian Leitner, bekende Duitse wetenskap joernalis en skrywer van ‘So Lernt Man Lernen’ (‘Hoe Om Te Leer Om Te Leer’), word gekrediteer vir die Leitner-stelsel. Die Leitner-stelsel is ’n studietegniek om flitskaarte doeltreffend te gebruik met herhaling wat uitgesprei word. Eerstens wil ons die belangrikheid van flitskaarte beklemtoon. Flitskaarte is ’n baie effektiewe manier om inligting aktief te herroep, wat die brein help om onderwerpe te memoriseer deur unieke neurale paaie te skep. Flitskaarte moet individueel deur leerders geskep word en elke leerder moet woorde en prente gebruik om hulle te help om die konsep te verduidelik.

Drie vinnige wenke vir die gebruik van jou flitskaarte:
  • Gebruik een flitskaart vir slegs een vraag.
  • Sê jou antwoorde hardop.
  • Bestudeer jou flitskaarte van beide kante.


Sodra jou flitskaarte gemaak is kan jy die Leitner-stelsel begin gebruik. In hierdie stelsel verdeel jy die flitskaarte in 3 groepe of bokse. Vir die doel van hierdie voorbeeld, noem ons dit, Boks 1, Boks 2 en Boks 3. Boks 1 bevat al die flitskaarte wat die leerder nie baie goed ken nie en mee sukkel. Boks 2 bevat al die flitskaarte wat die leerder redelik goed ken, maar soms nog mee foute maak. Boks 3 bevat al die flitskaarte wat die leerder baie goed ken en baie vertroue mee het.

Die flitskaarte in Boks 1 moet elke dag hersien word. Die flitskaarte moet elke 2-3 dae hersien word vir Boks 2. Die flitskaarte in Boks 3 moet een keer per week hersien word. Wanneer die leerder die vraag op ’n flitskaart in Boks 1 korrek beantwoord, word die kaart na Boks 2 verskuif. Wanneer die vraag op die flitskaart in Boks 2 korrek beantwoord is, word dit na Boks 3 geskuif. As die vraag op die flitskaart in Boks 2 verkeerd beantwoord word, word dit teruggeskuif na Boks 1. Op hierdie manier word die herhaling van die feite op die kaarte versprei sodat die leerder se brein die inligting baie effektief kan behou.


4. Laat jou hart pomp.

Dit is algemeen bekend dat oefening help om stres te verlig en bloedsirkulasie te verhoog wanneer jy leer. Het jy egter geweet dat 20-minute tot ’n uur se oefening tydens jou eksamen-studietydperk jou breinfunksionaliteit en geheue sal verbeter. Om meer te leer oor oefening wat verband hou met hoër punte, lees ons blog artikel ‘4 Voordele van oefening en sportaktiwiteite op die brein.



5. Oefen met toetse.

Oefen-eksamenvraestelle is al in werking vir baie jare om te verseker dat leerders oefen wat hulle leer deur hul kennis onder eksamenkondisies toe te pas. Om te verstaan waarom jy eksamenvraestelle moet begin gebruik en behoorlike eksametegnieke moet leer, lees ons blog artikel ‘Die beste manier om te verseker dat jy voorbereid is vir jou eksamen, is deur selfassessering.

Waarom is oefen-eksamenvraestelle ’n belangrike studietegniek?

Deur die gebruik te maak van oefen-eksamenvraestelle skep studente ’n gevoel van dringendheid om te leer, omdat hulle hul antwoorde moet kan neerskryf. Volgens die navorser Piers Steel, stel mense aktiwiteite uit (soos om te studeer), want hoe verder weg ’n gebeurtenis is (soos ’n toets), hoe minder impak het dit op hul besluitneming. Byvoorbeeld, as jy weet dat jou eerste eksamen vier weke weg is, is die kans groot dat jy eers twee weke voor die toets gaan begin leer. As jy egter weet dat jy een week voor die toets moet begin om vorige vraestelle of oefen-toetse deur te wek, sal jy waarskynlik vroër begin om te leer. Die dringendheid skep die impak om te begin leer.

Volgens ’n studie deur Henry L. Roediger, III, en Jeffrey D.Karpicke, van die Universiteit van Washington, wys dat om geheue toetse te neem langtermyngeheue-behoud verbeter. Hulle het bevind dat leerders wat deur oefen-vraestelle gewerk het ná hul leersessies, beter presteer het in hul finale eksamens as leerders wat nie deur oefen-toetse gewerk het nie. Hulle verduidelik dat oefen-toetse leerders help om angs te verminder, omdat hulle vertroud is met toetse skryf.

Afrikaanse Skoolprojekte spesialiseer in die verskaffing van eksamenvraestelle. Ons Eksamenvraestelle en Antwoorde help leerders om die tegnieke van toetse en eksamens te bemeester. Ons voorbeeldvraestelle word op dieselfde wyse, formaat en moeilikheidsgraad deur die NKV aangebied en is gebaseer op CAPS. Die vrae stimuleer linker en regterbreinaktiwiteit. Die volgende tipe vrae word in ons vraestelle ingesluit: Definisie van terme; Waar of Vals (Verskaf die korrekte antwoord as dit vals is); Pas kolom B by kolom A; Diagramme en Sketse; Vul die ontbrekende woorde in; Meervoudige keuse; Kort vrae; Lang vrae; Blokkiesraaisels. Alle vakke per graad word ingesluit en vakke word in kwartale verdeel. Besoek ons webtuiste om meer uit te vind:


Ons hoop dat jy waardevolle inligting opgedoen het met hierdie 5 Wetenskaplik-beproefde wenke om jou te help om voor te berei vir jou eksamen. Laat weet ons watter ander tegnieke jy gebruik om vir toetse en eksamens te leer. Ons wil alle leerders wat tans voorberei vir eksamens aanmoedig met die wonderlike woorde van skrywer Paulo Coelho, “Dit is net diegene wat aanhou en bereid is om dinge in diepte te leer, wat die meesterwerk bereik.”

Maandag 15 Oktober 2018

5 Stelle raad vir ouers om hul kinders aan te spoor om te leer.


Ouers, jul moet jul kinders aanmoedig wanneer hul begin met voorbereiding vir hul eindeksamen.





As ouers is ons dikwels so besig om ons huise te organiseer en seker te maak alles verloop goed by die werk, dat ons dikwels vergeet om op te let wanneer hulle vir die eindeksamen moet begin voorberei. Vir ons kinders, kan die komende eksamen voel soos ’n berg wat hulle op hul eie moet uitklim. Sommige kinders kan hul bes probeer om deur ’n leersessie te werk terwyl ander dit uitstel. Hoe sal ons ons kinders tydens hierdie belangrike stadium van hul akademiese reis ondersteun? Hoe kan ons ons kinders aanmoedig om hul beste in hierdie eksamen te gee?

In hierdie artikel deel ons met ouers 5 stelle raad hoe om hul kinders aan te spoor om te leer.1. Wees entoesiasties om te leer.2. Help jou kinders om ’n skedule en roetine op te stel.3. Leer vir hulle verantwoordelikheid.4. Prys jou kinders se pogings.5. Toon deernis en wees geduldig.

  

1. Wees entoesiasties om te leer.

Die eerste ding wat ons as ouers moet onthou, is dat ons kinders na ons kyk, selfs wanneer ons dit nie besef nie. Bob Keeshan het gesê: “Ouers is die beste rolmodelle vir kinders. Elke woord, beweging en aksie het ’n effek. Geen ander persoon of eksterne krag het ’n groter invloed op ’n kind as ’n ouer nie.” As ouers begin verklaar hoeveel hulle die dag geleer het en opgewonde raak oor kennis, dan sal hul kinders ook. As ouers opgewonde is om goeie boeke te lees en dit aanmoedig, sal hulle kinders volg. Hoeveel keer sal ouers die nuus lees en dan kla oor die inhoud of kla oor al die verslae wat hulle moet lees? Kinders begin dan om lees met klagtes en negatiewe emosies te assosieer. As ouers egter kies om positiewe en opbouende boeke te lees en te praat oor die wonderlike dinge wat hulle leer en te bespreek hoe waardevol die inhoud is, sal hul kinders ook met ’n positiewe houding praat oor die ding wat hulle leer. Wees die ouer wat altyd geesdriftig is oor kennis.


2. Help jou kinders om ’n skedule en roetine op te stel.

Die opstel van ’n studieskedule help kinders om beheer oor hul tyd te kry. Op hierdie manier kan jou kinders besluit hoeveel hoofstukke of onderwerpe hulle elke dag wil studeer en om sodoende klein doelwitte te bereik. ’n Skedule help ook om ’n gewoonte te vorm om te leer. Byvoorbeeld, as jou kinders baie besig is met buitemuurse aktiwiteite, maak seker dat jy dit in ag neem vir hul skedules. As jou kinders direk na skool een uur lank sport beoefen of musiek lesse het, kan hulle gaan oefen, middagete hê en om 16:00 uitgerus wees, dan kan hulle leer vir  20-minuut intervalle met ’n 10-minuut studie-breek in tussen. Op hierdie manier word nie net die aktiwiteit geskeduleer nie, maar ook die rustyd. Lees meer oor die opstel van ’n skedule in ons blog artikel ‘Vier wenke wat jou sal help om 'n skedule vir 'n suksesvolle skooljaar op te stel.




3. Leer vir hulle verantwoordelikheid.

As dit kom by leerwerk, lê die verantwoordelikheid om te sit en konsentreer heeltemal by die kinders. Ouers kan egter hul kinders leer dat die uitsluitlike verantwoordelikheid by hulle lê. Moedig hulle aan om te leer en te hou by die studieskedule en kontroleer of hulle hul daaglikse doelwitte bereik het wat in hul skedule uiteengesit is. As jou kinders nie geleer het die dag nie en dit uitgestel het deur televisie te kyk of op hul fone te wees, moet die gevolge duidelik wees. Byvoorbeeld, hulle sal dan die naweek minder tyd mag spandeer met hul vriende, omdat hulle in daardie tyd hul leerwerk moet opvang.

Jy kan hulle ook inlig oor die gevolge van om spyt te wees. Die gevolg van om spyt te wees beteken dat jou kinders later sal spyt wees dat hulle nie geleer het nie. Gewoonlik skop hierdie gevoel van spyt wees in die aand voor ’n toets of eksamen, of wanneer die uitslae uitkom en hulle gedruip het. Verduidelik aan jou kinders dat hulle aan die einde van die eksamen baie gelukkiger sal wees as hulle goeie punte behaal het as wanneer hulle meer tyd bestee het agter die televisie.


4. Prys jou kinders se pogings.

Ons is soms so krities oor wat ons kinders nie gedoen het nie (hulle het nie hul kamers skoongemaak nie, nie hul beddens opgemaak nie, nie hul werk gedoen nie, ens.), dat ons nie al die moeite sien wat hulle ingesit het in ander aktiwiteite wat verband hou met hul skoolwerk nie. Prys jou kinders se studiepogings. Sê vir hulle dat jy trots is op hul werksetiek en tydbestuursvaardighede. Moenie net fokus op hul punte of rapport nie, fokus op hul pogings. Prys hulle veral as jy verbetering in hul punte sien, al is daar nog ruimte vir meer verbetering.


5. Toon deernis en wees geduldig.

As dit by jou kinders se leerroetine kom, is die belangrikste ding wat jy kan doen om geduldig te wees. As jy sien dat jou kinders hul bes probeer, wees geduldig met hul punte en prestasie. Hê deernis met hulle en sê vir hulle dat as hulle hul beste poging gee, dan is dit genoeg.


Ons hoop dat hierdie 5 stelle advies ouers sal inspireer om hul kinders te help wanneer hulle leer. As jy nog addisionele advies het, deel dit asseblief in die kommentaar hieronder.

Om jou kinders te help om hul akademiese doelwitte te bereik, besoek ons webtuiste vir opvoedkundige hulpbronne:

Maandag 08 Oktober 2018

5 Redes waarom jou kinders nou moet studeer vir hul jaareindeksamen.


Nou is dit die tyd om te begin met voorbereiding vir die eindeksamen. Moenie agter raak nie.





Stel jou voor dat dit die aand is voordat jou kinders se jaareind-eksamen begin, hulle probeer om die leerwerk in hul verstand te prop, jy kan sien hoe moeg hulle is en daar is net een gedagte in jou agterkop: “As hulle maar net vroeër begin het!” Ons het almal al so gevoel, om te wens dat ons die tyd kan terugdraai om ons kinders te help om vroegtydig voor te berei. Hierdie jaar kan egter anders wees, want hierdie jaar kan jy nou begin om jou kinders aan te moedig om vir eksamens te leer. Vroegtydige voorbereiding vir eksamens is die beste strategie vir eksamen sukses. Soos Alexander Graham Bell gesê het, “Bo enigiets anders, is voorbereiding die sleutel tot sukses.”


In hierdie artikel bespreek ons 5 redes waarom jou kinders vroegtydig vir jaareind-eksamens moet leer.1. Om vooraf voor te berei vereis ’n skedule.2. Om vooraf te leer help om doelwitte te stel.3. Om vooraf voor te berei bou stamina.4. Neem die spanning weg.5. Daar is tyd vir selfassessering deur middel van eksamenvraestelle.



1. Om vooraf voor te berei vereis ’n skedule.

Ons weet almal wat ’n studieskedule is en hoe om dit te gebruik. As jou kinders egter nie vroegtydig leer nie, het ’n studieskedule geen waarde nie, want hulle sal waarskynlik net probeer om al die inligting op een dag in te prop. ’n Studieskedule word die rooster waarop jy jou vordering meet en as dit nie in plek is nie, sal jou kinders nie weet watter onderwerpe hulle gedek of nie gedek het nie. As jy meer inligting nodig het oor hoe om ’n skedule op te stel, lees ons blog ‘Vier wenke wat jou sal help om 'n skedule vir 'n suksesvolle skooljaar op te stel.




2. Om vooraf te leer help om doelwitte te stel.

Vroegtydige voorbereiding vir die eksamens help om kleiner doelwitte te stel wat jou lei om groter doelwitte te bereik. Weereens kan dit gedoen word deur middel van ’n skedule wat die doelwitte vir die dag en week voorlê, byvoorbeeld as elkeen van jou kinders een tot twee hoofstukke per dag leer, sal hulle in ’n maand deur al hul werk kom en gereed wees vir die eksamens. Dus, kleiner doelwitte help om groter doelwitte te bereik.


3. Om vooraf voor te berei bou stamina.

Wanneer jou kinders begin met hul voorbereiding vir eksamens, sal hul konsentrasie-kapasiteit dalk nie tot hul volle kapasiteit wees nie. Dit is dieselfde as om fiks te raak vir ’n sportsoort – jy sal nie ’n marathon op jou eerste dag van oefening kan hardloop nie. Jy begin om die eerste dag 500m te draf, dan verhoog jy die afstand geleidelik na 2, 3 en 5km. Dan verhoog jy jou spoed om 5km ’n bietjie vinniger te hardloop en so verhoog jy jou uithouvermoë. Dit vereis ’n geleidelike toename in oefensessie-intensiteit om uiteindelik die volle marathon te hardloop. Net soos om vir ’n marathon voor te berei, begin jy nie die studieproses deur ’n hele kwartaal se werk op een dag te leer nie. Jy leer een onderwerp vir 20 minute en neem dan ’n pouse van 10 minute. Later verhoog jy die studietyd tot 30 minute met ’n pouse van 10 minute en so meer. Op hierdie manier leer die student geleidelik hoe om stil te bly vir 1 – 2 uur en te konsentreer teen volle kapasiteit.


4. Neem die spanning weg.

Voorbereiding vir toetse vooraf maak kinders werklik minder stres, bloot omdat hulle weet dat hulle al hul werk nagegaan het. Hoe stresvol is dit as ons weet daar is werk wat ons nie geleer het nie en die angs om nie te weet of dit in die vraestel gaan wees nie? Dus, deur vooraf voor te berei, sal jou kinders een minder ding hê om oor te stres.

Stres het ook ’n negatiewe invloed op groeiende kinders se vermoë om te presteer. Om jou kinders te help om stres op ’n gesonde manier te hanteer, lees ons blog, ‘7 Tegnieke wat jong kinders sal help om stres te hanteer.




5. Daar is tyd vir selfassessering deur middel van eksamenvraestelle.

Dit is algemeen bekend dat eksamenvraestelle kinders help om vir toetse en eksamens voor te berei, want die leerders sal weet watter soort vrae om te verwag. Waar sal jou kinders die tyd kry om oefen-eksamenvraestelle uit te werk as hulle nie vooraf leer nie? Deur middel van oefen-eksamenvraestelle sal jou kinders die eksamenvertroue kry wat hulle nodig het om hul eksamens af te lê, alhoewel dit verg egter tyd om die kuns van om eksamen te skryf te bemeester.

Om meer te leer oor die voordele van eksamenvraestelle, lees ons blog ‘Die beste manier om te verseker dat jy voorbereid is vir jou eksamen, is deur selfassessering.’ Om jou kinders se eie oefen-eksamenvraestelle te koop, besoek ons webtuiste: www.afrikaanseskoolprojekte.co.za.




Ons hoop dat jy hierdie artikel geniet het en dat jy jou kinders sal aanmoedig om so gou as moontlik te begin met voorbereiding vir hul jaareindeksamens. Lees ons ander blog artikels vir meer inspirasie:

Maandag 01 Oktober 2018

3 Maniere om jou brein te herlaai tydens hierdie kort ruskans.

Rus is belangrik vir hardwerkende leerlinge, maar jy moet nie te gemaklik raak as ’n stoelpatat nie.



Sodra die laaste klok vir die einde van die derde kwartaal lui, kan ons uiteindelik voel hoe die gewig van skoolwerk en verantwoordelikhede vanaf ons skouers lig. Wanneer ons by die huis kom en voel hoe die vakansie realiseer, kan ons maklik in die gewoonte kom om ’n stoelpatat te wees. Alhoewel vakansies spesifiek daar is vir ons om te rus, om vir die hele vakansie lank televisie te kyk of op ons selfone te speel, sal nie verseker dat ons uitgerus en gereed is vir die laaste skoolkwartaal van die jaar nie.

In hierdie week se blog wil ons drie maniere met jou deel om jou brein te herlaai sonder om lui te word. Soos wat Nhat Hanh eenkeer gesê het: “Ons sal meer suksesvol wees in al ons pogings as ons die gewoonte kan afleer om die hele tyd te hardloop, om klein pouses te neem om te ontspan en weer onsself te vestig. Ons sal ook baie meer blydskap hê in die lewe.”

In hierdie artikel bespreek ons die volgende aspekte rondom rus en ontspanning tydens die skoolvakansie:1. Sorg vir jou liggaam.2. Oefen jou brein op ’n ander manier.3. Spandeer tyd saam met jou geliefdes.

  

1. Sorg vir jou liggaam.


Om na jou brein om te sien, moet jy ook sorg vir jou liggaam. Tydens hierdie kort vakansie, neem die tyd om jou liggaam te vernuwe. As jy jou liggaam versorg, sal jou verstand ook hernu voel. Dit beteken nie dat jy ’n strawwe oefen-roetine moet handhaaf of tydens hierdie kort vakansie jou lyf gespierd te kry nie. Ons beveel die volgende aktiwiteite aan wat jy kan doen om jou liggaam te herlaai:
  • Probeer joga of pilates. Hierdie tipe oefeninge help jou om jou spiere te strek en bloedvloei na jou brein te verhoog. Joga is bekend daarvoor dat dit ’n baie kalmerende effek op jou liggaam, verstand en gees het, selfs al word dit net vir 30 minute uitgevoer.
  • Gaan op ’n staptog. Stap is een van die beste oefeninge, aangesien om in die buitelug te stap sal jou help om geestelik te herstel. Die verhoogde suurstof is goed vir al jou organe, insluitende jou hart, longe en brein. Jy sal ook Vitamien D deur sonlig blootstelling kry en die natuur onder jou voete voel.
  • Voed jou liggaam behoorlik. Gedurende die vakansie is ons life daarvoor om onsself met kafkos te bederf. Niemand kan ontken dat ’n pizza of sjokolade melkskommel regtig lekker is nie! Jou brein kry onmiddellike bevrediging van die suiker. As jy egter voortdurend eet ongesond sal jy in die langtermyn baie erger voel. In plaas daarvan kan jy probeer om heerlike vrugteskommels en ander gesonde versnaperings te maak.
  • Pamperlang jouself. Dit kan iets uitspattig wees soos om vir ’n massering te gaan, of net ’n lang borrelbad te neem. Jy kan ook luister na ontspannende instrumentale musiek voordat jy snags gaan slaap. Om jouself te pamperlang is anders vir almal, maar wat ook al jou liggaam ontspanne en verfrissend laat voel moet jy gedurende die vakansie doen.




2. Oefen jou brein op ’n ander manier.

Om vir toetse of eksamens te leer, kan nogal ’n verstandelike oefensessie wees. Ons stel voor dat jy hierdie kort vakansie afstand doen van al jou akademiese boeke. Om egter verstandelik fiks te bly, probeer om jou brein te oefen met aktiwiteite wat jy normaalweg nie doen nie. Byvoorbeeld: 
  • Speel ’n musiekinstrument. Miskien het jy geleer om ’n instrument te bespeel toe jy jonger was, maar het gedurende die jaar nie tyd gekry om hierdie instrument te beoefen nie. Neem die tyd om weer musiek te geniet. Om meer te leer oor die effek wat musiek op die brein het, lees ons blog, ‘4 Voordelevan musiek op die brein.
  • Skep kuns. Jy hoef nie noodwendig ’n talent te hê om ’n kunswerk te maak om die proses van om iets te skep te geniet nie. Of dit nou net is om met potlode te teken of om verf oor ’n doek te spat, het die skepping van kuns groot voordele op jou brein en kan jou help met selfuitdrukking. Om meer te leer oor die voordele van kuns op die brein, lees ons blog, ‘4 Positiewe uitwerkings vanvisuele kuns op die brein.
  • Lees ’n interessante boek. Die beste manier om jou gedagtes van die skool af te kry sonder om lui te wees, is om ’n wonderlike geskrewe boek te lees. ’n Goeie boek sal jou na ’n ander wêreld vervoer en jou help om jou verstand te vernuwe.




3. Spandeer tyd saam met jou geliefdes.

Ons het almal ’n ondersteuningstelsel, soos jou ouers, broers en susters, vriende en ander familielede. Gedurende die akademiese kwartaal, en veral wanneer ons toetse skryf, help ons ondersteuningstelsel ons op verskillende maniere. Eenvoudige aanmoediging, deur in te loer om te sien of ons goed doen, om vir ons peuselhappies te bring wanneer ons leer of selfs net ’n drukkie, is die liefdevolle dade wat ons ondersteuningstelsel tydens skool verrig. Nou dat jy vakansiedae het, is dit tyd dat jy dieselfde vir hul doen. Spandeer tyd saam met jou geliefdes en herinner hulle daaraan dat jy baie vir hul omgee. Ons stel die volgende aktiwiteite voor om kwaliteit tyd met jou geliefdes deur te bring: 
  • Maak aandete saam. Om jou ma of pa te help om kos te maak, sal vir hulle wys dat jy hulle waardeer. Dit is ’n goeie tyd om oor die dag te praat of oor die dinge waarvan jy hou of nie hou nie. Gebruik hierdie tyd om jou ouers beter te leer ken.
  • Oefen saam. Wanneer jy oefen, benodig jy gewoonlik ’n bietjie aanmoediging. Ondersteun jou geliefdes as hulle oefen en gee hulle die aanmoediging wat hulle nodig het. Jy sal ’n sterker verhouding met hul vorm soos wat julle hierdie aktiewe tyd saam geniet.
  • Hou 'n speletjies-aand. ’n Lekker manier om tyd saam met jou gesin en vriende te spandeer, is om ’n speletjies-aand te hê waar jy saam met hulle bordspeletjies of kaartspeletjies kan speel.



Ons wil alle skoliere aanmoedig om ’n ontspanne kort vakansie te hê en uitgerus terug te keer na die skool. Laat ons weet watter aktiwiteite jy hierdie vakansie gaan doen. Ons sal graag van jou af wil hoor.

Besoek ons webtuiste www.afrikaanseskoolprojekte.co.za vir meer inligting oor wat ons doen.