Ouers, jul moet jul kinders aanmoedig wanneer hul begin met voorbereiding vir hul eindeksamen.
As ouers is ons dikwels
so besig om ons huise te organiseer en seker te maak alles verloop goed by die
werk, dat ons dikwels vergeet om op te let wanneer hulle vir die eindeksamen
moet begin voorberei. Vir ons kinders, kan die komende eksamen voel soos ’n
berg wat hulle op hul eie moet uitklim. Sommige kinders kan hul bes probeer om
deur ’n leersessie te werk terwyl ander dit uitstel. Hoe sal ons ons kinders tydens
hierdie belangrike stadium van hul akademiese reis ondersteun? Hoe kan ons ons
kinders aanmoedig om hul beste in hierdie eksamen te gee?
In hierdie artikel deel ons met ouers 5 stelle raad hoe om hul kinders aan te spoor om te leer.1. Wees entoesiasties om te leer.2. Help jou kinders om ’n skedule en roetine op te stel.3. Leer vir hulle verantwoordelikheid.4. Prys jou kinders se pogings.5. Toon deernis en wees geduldig.
1. Wees entoesiasties om te leer.
Die eerste ding
wat ons as ouers moet onthou, is dat ons kinders na ons kyk, selfs wanneer ons
dit nie besef nie. Bob Keeshan het gesê: “Ouers is die beste rolmodelle vir
kinders. Elke woord, beweging en aksie het ’n effek. Geen ander persoon of
eksterne krag het ’n groter invloed op ’n kind as ’n ouer nie.” As ouers begin
verklaar hoeveel hulle die dag geleer het en opgewonde raak oor kennis, dan sal
hul kinders ook. As ouers opgewonde is om goeie boeke te lees en dit aanmoedig,
sal hulle kinders volg. Hoeveel keer sal ouers die nuus lees en dan kla oor die
inhoud of kla oor al die verslae wat hulle moet lees? Kinders begin dan om lees
met klagtes en negatiewe emosies te assosieer. As ouers egter kies om positiewe
en opbouende boeke te lees en te praat oor die wonderlike dinge wat hulle leer
en te bespreek hoe waardevol die inhoud is, sal hul kinders ook met ’n
positiewe houding praat oor die ding wat hulle leer. Wees die ouer wat altyd
geesdriftig is oor kennis.
2. Help jou kinders om ’n skedule en roetine op te stel.
Die opstel van ’n
studieskedule help kinders om beheer oor hul tyd te kry. Op hierdie manier kan
jou kinders besluit hoeveel hoofstukke of onderwerpe hulle elke dag wil studeer
en om sodoende klein doelwitte te bereik. ’n Skedule help ook om ’n gewoonte te
vorm om te leer. Byvoorbeeld, as jou kinders baie besig is met buitemuurse
aktiwiteite, maak seker dat jy dit in ag neem vir hul skedules. As jou kinders
direk na skool een uur lank sport beoefen of musiek lesse het, kan hulle gaan oefen,
middagete hê en om 16:00 uitgerus wees, dan kan hulle leer vir 20-minuut intervalle met ’n 10-minuut studie-breek
in tussen. Op hierdie manier word nie net die aktiwiteit geskeduleer nie, maar
ook die rustyd. Lees meer oor die opstel van ’n skedule in ons blog artikel ‘Vier wenke wat jou sal help om 'n skedule vir 'n suksesvolle skooljaar op te stel.’
3. Leer vir hulle verantwoordelikheid.
As dit kom by
leerwerk, lê die verantwoordelikheid om te sit en konsentreer heeltemal by die
kinders. Ouers kan egter hul kinders leer dat die uitsluitlike
verantwoordelikheid by hulle lê. Moedig hulle aan om te leer en te hou by die
studieskedule en kontroleer of hulle hul daaglikse doelwitte bereik het wat in
hul skedule uiteengesit is. As jou kinders nie geleer het die dag nie en dit uitgestel
het deur televisie te kyk of op hul fone te wees, moet die gevolge duidelik
wees. Byvoorbeeld, hulle sal dan die naweek minder tyd mag spandeer met hul
vriende, omdat hulle in daardie tyd hul leerwerk moet opvang.
Jy kan hulle ook inlig
oor die gevolge van om spyt te wees. Die gevolg van om spyt te wees beteken dat
jou kinders later sal spyt wees dat hulle nie geleer het nie. Gewoonlik skop
hierdie gevoel van spyt wees in die aand voor ’n toets of eksamen, of wanneer
die uitslae uitkom en hulle gedruip het. Verduidelik aan jou kinders dat hulle
aan die einde van die eksamen baie gelukkiger sal wees as hulle goeie punte
behaal het as wanneer hulle meer tyd bestee het agter die televisie.
4. Prys jou kinders se pogings.
Ons is soms so
krities oor wat ons kinders nie gedoen het nie (hulle het nie hul kamers
skoongemaak nie, nie hul beddens opgemaak nie, nie hul werk gedoen nie, ens.),
dat ons nie al die moeite sien wat hulle ingesit het in ander aktiwiteite wat
verband hou met hul skoolwerk nie. Prys jou kinders se studiepogings. Sê vir
hulle dat jy trots is op hul werksetiek en tydbestuursvaardighede. Moenie net
fokus op hul punte of rapport nie, fokus op hul pogings. Prys hulle veral as jy verbetering in hul punte sien,
al is daar nog ruimte vir meer verbetering.
5. Toon deernis en wees geduldig.
As dit by jou
kinders se leerroetine kom, is die belangrikste ding wat jy kan doen om geduldig
te wees. As jy sien dat jou kinders hul bes probeer, wees geduldig met hul punte
en prestasie. Hê deernis met hulle en sê vir hulle dat as hulle hul beste
poging gee, dan is dit genoeg.
Ons hoop dat
hierdie 5 stelle advies ouers sal inspireer om hul kinders te help wanneer
hulle leer. As jy nog addisionele advies het, deel dit asseblief in die
kommentaar hieronder.
Om jou kinders te
help om hul akademiese doelwitte te bereik, besoek ons webtuiste vir
opvoedkundige hulpbronne:
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking