Maandag 22 Oktober 2018

5 Wetenskaplik-beproefde wenke om jou te help om voor te berei vir jou eksamen.


Skuif agter jou handboeke in! As jou ouers en onderwysers dit nie genoeg beklemtoon het nie, wil ons dit duidelik maak!




Met eksamens om die draai en onderwysers wat probeer om die kwartaal se werk af te handel, kan jy dalk die druk begin voel om te begin leer. Met huiswerk en buitemuurse aktiwiteite wat nog in jou skedule is, kan dit egter moeilik wees om die tyd of motivering te kry om agter die boeke in te skuif. Daarom wil ons met elke leerder 5 wetenskaplik-beproefde wenke deel wat jou leersessies sal bevorder.

In hierdie artikel bespreek ons die volgende 5 Wetenskaplik-beproefde wenke om jou te help met eksamenvoorbereiding:1. Herroep in plaas van lees.2. Gebruik die Feynman-tegniek.3. Leer soos Leitner.4. Laat jou hart pomp.5. Oefen met toetse.

  1. Herroep in plaas van lees.


Volgens die sielkunde professor Mark A McDaniel, van die Washington Universiteit, is dit ’n algemene fout wat die meeste studente maak om bloot deur hul handboeke te lees en weer te lees en te dink dat dit die beste studiemetode is. Hy sê leerlinge moet hul werk eerder aktief herroep deur hul handboeke neer te sit nadat hulle die inligting gelees het en dan óf alles skryf wat hulle kan onthou óf dit hardop sê. Hy verklaar dat om deur jou werk te herlees is eenvoudig ’n ondoeltreffende studiemetode aangesien studente met hul handboeke vertroud is, daarom daag hulle nie hul brein uit om te dink en te onthou wat hulle gelees het nie. Die probleem ontstaan in toetse, want dan het die leerlinge nie die gerief van hul handboeke saam met hul nie en dan voel hulle dat hul gedagtes “leeg” is. In een van Daniel se eksperimente het hy twee groepe mense dieselfde komplekse gedeelte laat memoriseer. Een groep het slegs deur die gedeelte teks gelees en weer gelees terwyl die ander groep die inhoud van die gedeelte aktief herroep het. Kan jy raai watter groep ná ’n week meer inligting kon herroep? Natuurlik was dit die tweede groep wat aktiewe herroeping as hul studiemetode gebruik het.



2. Gebruik die Feynman-tegniek.

Die Feynman-tegniek word toegeken aan die Nobel-pryswennende fisikus, Richard Feynman. Feynman was altyd in staat om sy komplekse konsepte simplisties te verduidelik dat dit ’n metode geword het wat enigiemand kan toepas. Na bewering het Albert Einstein eens gesê: “As jy dit nie eenvoudig kan verduidelik nie, verstaan jy dit nie goed genoeg nie.” Daarom is die Feynman-tegniek so belangrik wanneer jy leer, aangesien jy self die onderwerp beter sal verstaan deur dit te verduidelik.

Hierdie metode word in vyf stappe toegepas: 
  • Eerstens moet jy die onderwerp kies wat jy gaan verduidelik. Besluit of jy dit mondeling gaan verduidelik en of jy dit gaan neerskryf. Ons stel voor dat jy beide doen (net soos ’n goeie onderwyser), verduidelik die onderwerp verbaal en skryf dit neer soos jy aangaan.
  • Die tweede stap is om die konsep van die vak wat jy leer te verduidelik, soos jy dit verduidelik aan ’n vyfjarige (of aan jou grootouers). Dit beteken dat jy eenvoudige taal moet gebruik, maar steeds die hele konsep verduidelik en die kernbeginsels insluit. In hierdie stap moet jy ook praktiese toepassing of voorbeelde van hierdie konsep insluit.
  • Die derde stap is om aan te dui waar jou kennis ’n gaping of leemte gehad het. Wat het jy vergeet om in die verduideliking in te sluit of waar het jy dit verkeerd verduidelik? Hersien jou verduideliking vir akkuraatheid, volledigheid en waar jy jouself betwyfel het.
  • In die vierde stap moet jy ’n vergelyking of analogie maak om die konsep te verduidelik. Daarom moet jy die nuwe konsep verbind met die bestaande inligting. Byvoorbeeld, deur te leer oor breuke is net soos om ’n koek in verskillende stukke te sny.
  • Die laaste stap is om jou verduideliking te vereenvoudig. Hoe kan jy dit makliker, eenvoudiger of vinniger verduidelik? Voer al die stappe weer uit om te verseker dat jy die konsep op vereenvoudig het en tot die beste van jou vermoë verduidelik het.



3. Leer soos Leitner.

Sebastian Leitner, bekende Duitse wetenskap joernalis en skrywer van ‘So Lernt Man Lernen’ (‘Hoe Om Te Leer Om Te Leer’), word gekrediteer vir die Leitner-stelsel. Die Leitner-stelsel is ’n studietegniek om flitskaarte doeltreffend te gebruik met herhaling wat uitgesprei word. Eerstens wil ons die belangrikheid van flitskaarte beklemtoon. Flitskaarte is ’n baie effektiewe manier om inligting aktief te herroep, wat die brein help om onderwerpe te memoriseer deur unieke neurale paaie te skep. Flitskaarte moet individueel deur leerders geskep word en elke leerder moet woorde en prente gebruik om hulle te help om die konsep te verduidelik.

Drie vinnige wenke vir die gebruik van jou flitskaarte:
  • Gebruik een flitskaart vir slegs een vraag.
  • Sê jou antwoorde hardop.
  • Bestudeer jou flitskaarte van beide kante.


Sodra jou flitskaarte gemaak is kan jy die Leitner-stelsel begin gebruik. In hierdie stelsel verdeel jy die flitskaarte in 3 groepe of bokse. Vir die doel van hierdie voorbeeld, noem ons dit, Boks 1, Boks 2 en Boks 3. Boks 1 bevat al die flitskaarte wat die leerder nie baie goed ken nie en mee sukkel. Boks 2 bevat al die flitskaarte wat die leerder redelik goed ken, maar soms nog mee foute maak. Boks 3 bevat al die flitskaarte wat die leerder baie goed ken en baie vertroue mee het.

Die flitskaarte in Boks 1 moet elke dag hersien word. Die flitskaarte moet elke 2-3 dae hersien word vir Boks 2. Die flitskaarte in Boks 3 moet een keer per week hersien word. Wanneer die leerder die vraag op ’n flitskaart in Boks 1 korrek beantwoord, word die kaart na Boks 2 verskuif. Wanneer die vraag op die flitskaart in Boks 2 korrek beantwoord is, word dit na Boks 3 geskuif. As die vraag op die flitskaart in Boks 2 verkeerd beantwoord word, word dit teruggeskuif na Boks 1. Op hierdie manier word die herhaling van die feite op die kaarte versprei sodat die leerder se brein die inligting baie effektief kan behou.


4. Laat jou hart pomp.

Dit is algemeen bekend dat oefening help om stres te verlig en bloedsirkulasie te verhoog wanneer jy leer. Het jy egter geweet dat 20-minute tot ’n uur se oefening tydens jou eksamen-studietydperk jou breinfunksionaliteit en geheue sal verbeter. Om meer te leer oor oefening wat verband hou met hoër punte, lees ons blog artikel ‘4 Voordele van oefening en sportaktiwiteite op die brein.



5. Oefen met toetse.

Oefen-eksamenvraestelle is al in werking vir baie jare om te verseker dat leerders oefen wat hulle leer deur hul kennis onder eksamenkondisies toe te pas. Om te verstaan waarom jy eksamenvraestelle moet begin gebruik en behoorlike eksametegnieke moet leer, lees ons blog artikel ‘Die beste manier om te verseker dat jy voorbereid is vir jou eksamen, is deur selfassessering.

Waarom is oefen-eksamenvraestelle ’n belangrike studietegniek?

Deur die gebruik te maak van oefen-eksamenvraestelle skep studente ’n gevoel van dringendheid om te leer, omdat hulle hul antwoorde moet kan neerskryf. Volgens die navorser Piers Steel, stel mense aktiwiteite uit (soos om te studeer), want hoe verder weg ’n gebeurtenis is (soos ’n toets), hoe minder impak het dit op hul besluitneming. Byvoorbeeld, as jy weet dat jou eerste eksamen vier weke weg is, is die kans groot dat jy eers twee weke voor die toets gaan begin leer. As jy egter weet dat jy een week voor die toets moet begin om vorige vraestelle of oefen-toetse deur te wek, sal jy waarskynlik vroër begin om te leer. Die dringendheid skep die impak om te begin leer.

Volgens ’n studie deur Henry L. Roediger, III, en Jeffrey D.Karpicke, van die Universiteit van Washington, wys dat om geheue toetse te neem langtermyngeheue-behoud verbeter. Hulle het bevind dat leerders wat deur oefen-vraestelle gewerk het ná hul leersessies, beter presteer het in hul finale eksamens as leerders wat nie deur oefen-toetse gewerk het nie. Hulle verduidelik dat oefen-toetse leerders help om angs te verminder, omdat hulle vertroud is met toetse skryf.

Afrikaanse Skoolprojekte spesialiseer in die verskaffing van eksamenvraestelle. Ons Eksamenvraestelle en Antwoorde help leerders om die tegnieke van toetse en eksamens te bemeester. Ons voorbeeldvraestelle word op dieselfde wyse, formaat en moeilikheidsgraad deur die NKV aangebied en is gebaseer op CAPS. Die vrae stimuleer linker en regterbreinaktiwiteit. Die volgende tipe vrae word in ons vraestelle ingesluit: Definisie van terme; Waar of Vals (Verskaf die korrekte antwoord as dit vals is); Pas kolom B by kolom A; Diagramme en Sketse; Vul die ontbrekende woorde in; Meervoudige keuse; Kort vrae; Lang vrae; Blokkiesraaisels. Alle vakke per graad word ingesluit en vakke word in kwartale verdeel. Besoek ons webtuiste om meer uit te vind:


Ons hoop dat jy waardevolle inligting opgedoen het met hierdie 5 Wetenskaplik-beproefde wenke om jou te help om voor te berei vir jou eksamen. Laat weet ons watter ander tegnieke jy gebruik om vir toetse en eksamens te leer. Ons wil alle leerders wat tans voorberei vir eksamens aanmoedig met die wonderlike woorde van skrywer Paulo Coelho, “Dit is net diegene wat aanhou en bereid is om dinge in diepte te leer, wat die meesterwerk bereik.”

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking